FamCo is gestig met die uitsluitlike doel om ‘n merkbare verskil in misdaadbekamping teweeg te bring.
Ons funksioneer vanaf Oudtshoorn met Rudi Prinsloo as die eienaar, en bedien alle areas in die Wes-Kaap. Met 16 jaar Polisie ondervinding, is dit sy passie om nie net die algemene publiek van diens te wees nie, maar om ook kliente in die Kommersiele Mark en die Boerdery gemeenskap van advies en hulp te voorsien.
Dit is algemene praktyk dat Besighede, huise en plase van alarmstelsels en ander sekuriteitsmaatreels gebruik maak. Ongelukkig gebeur dit soms dat hulle ten speite hiervan steeds groot skade lei.
Ons by FamCo het ‘n tweeledige pakket saamgestel, wat in samewerking met ander vooorsorgmaatreels, kan bydra tot die bekamping en bestryding van inbrake en diefstal.
Eerste Linnie
- Die eerste deel fokus om by die reeds bestaande voorsorgmaatreels wat by die klient in plek is, in te skakel, en die eerste linnie van inbraak te voorkom of te beperk. Soos reeds genoem mag daar reeds ‘n alarmsisteem geinstalleer wees wat deur n moniteringseenheid gemonitor word. Soms kry inbrekers dit steeds reg om waardevolle eiendom te buit en te vlug nog voor die reaksie eenheid of polisie arriveer.
- FamCo verskaf en installeer ‘n “Pepper Spray Security Device” wat sal aktiveer sodra dit beweging lees. Elke keer wat beweging gelees word, word peper sproei vir ongeveer 5 sekondes vrygelaat, en dek ‘n oppervlak van ongeveer 100 vierkante meter. Dus sal dit vir enige inbreker byna onmoontlik wees om artikels te buit.
- Die sisteem bevat ‘n 425ml peper sproei kannetjie, met ‘n “sound bom” wat ook geaktiveet word. Dit is voorsien ‘n kragbron en sou daar kragonderbreking wees, sal die 7amp battery die sisteem tot vyf dae instand hou.
- Die sisteem word deur middel van ‘n afstandbeheer toestel geaktiveer en gedeaktiveer.
- FamCo beskik ook oor ander pepersproei en selfverdedigings sisteme.
Tweede Linnie
- Die tweede deel van pakket is die merking van alle waardevolle eiendom deur middel van DataDot Technology.
- FamCo is geregistreer by DataDot Technology SA om as agent op te tree in die bemarking, aanwending, registrasie, soek en identifisering van die mikrkodots.
- Hier word alle waardevolle artikels (en die klient kan hier baie wyd dink) met mikrodots gemerk wat oor ‘n unieke tiensyfer kode beskik, wat uniek aan die klient toegeken word. Hierdie mikrodots is onsigbaar vir die blote oog.
- Ons regsitreer die klient met sy persoonlike besonderhede asook inligting van alle gemerkte items op ‘n nasionale databasis (National Home Asset Register).
- Sou dit gebeur dat ‘n artikel wel gesteel word, kan die klient dit ook onmiddelik op die databasis “flag” as gesteel. Daar was al gevalle waar die polisie gesteelde items deur middel van DataDot opspoor en verdagte persone arresteer het, nog voordat die klient die saak by die polisie aangegee het.
- Wanneer ‘n verdagte persoon gearresteer word met ‘n gemerkte artikel in sy besit, kan die unieke nommer deur opgeleide personeel opgespoor en geidentifiseer word, en kan die getuienis in ‘n kriminele hof gebruik word.
- Ons by FamCo is gerat om behulpsaam te wees met die opsporing en identifisering van die unieke mikrodots op gemerkte artikels, sowel as om getuienis in ‘n hof te lewer.
Ons bring waarskuwingsborde aan wat potensiele inbrekers en diewe waarsku dat die perseel en eiendom beskerm word deur ‘ n Pepper Spray Alarm Devuce en ook gemerk en beskerm word soos vooraf genoem. Dus ‘n besliste afskrikmiddel vir rnige potensiele inbreker of dief.
Kliente het die opsie om die pakket volgens hul eie behoeftes te kies en aan te pas.
Ons is verder ook beskikbaar om die Werkgewer by te staan as ‘n onafhanklike party met die ondersoek van dissiplinere aangeleenthede.
Met kennis in Arbeidswetgewing weet ons waarna om te kyk tydens die ondersoek en kan die Werkgewer ook van kundige advies voorsien word ten einde seker te maak dat ‘n waterdigte saak bewys kan word tydens die dissiplinere verhoor.
Die verskaffers van ons produkte is Maatskappye met jare ondvinding in die produkte en het ‘n vaste bewysrekord van suksesse behaal.
94 Hope Street, Oudtshoorn, 6625
Mobile: 079 178 0782, Fax: 0866 918 557, Email: famco.gs@gmail.com