Burgemeester van Eden DM red die lewens van jeug met ‘n skenking van R18 000

Dienslewering was Donderdag, 7 Julie 2016, die fokuspunt tydens ‘n toespraak gelewer deur Eden Distriksmunisipaliteit (Eden DM) se Uitvoerende Burgemeester, rdl Wessie Van der Westhuizen, terwyl hy aan begunstigdes van donasies gesê het:  “Die doel van Plaaslike Regering het lankal verander.  Plaaslike Regering het nie meer ten doel om die lewens-standaarde van mense te verbeter nie, maar eerder om die lewens van ons jeug te red”.

Tydens die tjekoorhandiging is (vlnr), verteenwoordigers van RVC Titan, rdl Niklaas Booysen en mnr. Danny Saayman, Eden DM se Uitvoerende Burgemeester, rdl Wessie Van der Westhuizen en verteenwoordigers van die Suid-Kaap Jeug Ontwikkeling Inisiatief, mnr. Mervin Minnies en mnr. Sam Witbooi
Tydens die tjekoorhandiging is (vlnr), verteenwoordigers van RVC Titan, rdl Niklaas Booysen en mnr. Danny Saayman, Eden DM se Uitvoerende Burgemeester, rdl Wessie Van der Westhuizen en verteenwoordigers van die Suid-Kaap Jeug Ontwikkeling Inisiatief, mnr. Mervin Minnies en mnr. Sam Witbooi

Tydens dié geleentheid het Burgemeester Van der Westhuizen ‘n tjek ten bedrae van R 8 000 aan RVC Titans en ‘n bedrag van R10 000 aan die Suid-Kaap Jeug Ontwikkeling Inisiatief oorhandig.

“Ek gee hierdie geld as ‘n begin van ‘n verhouding sodat ons gesamentlik hand aan hand die Eden distrik kan verander. Jeug en landelike ontwikkeling lê ontsettend baie na aan my hart en met dit glo ek dat mense van die landelike gebiede ook God se mense is,” het Burgemeester Van der Westuizen genoem.

Rdl Niklaas Booysen stigter van die RVC Titans rugby klub het Burgemeester Van der Westhuizen bedank vir die skenking en genoem dat die rugby span gebore is uit kinders wat verslaaf was aan dwelms en kinders wat langs die straat opgetel is. Rdl Booysen het verder beklemtoon: “Eden DM is een van die eerstes wat RVC Titans behulpsaam was met so ‘n groot skenking”.

Op sy beurt het mnr. Sam Witbooi, verteenwoordiger van die Suid-Kaap Jeug Ontwikkeling Inisiatief tydens sy bedankingstoespraak genoem: “Hierdie skenking is ‘n teken dat daar mense is wat saam met jou in die stryd is vir ontwikkeling. Miskien lyk die skenking nie groot nie, maar as ons ‘n verskil in een of twee persone se lewens gemaak het, dan maak ons ‘n groot verandering”.

Burgemeester Van der Westhuizen het die begunstigdes geadviseer om seker te maak dat hulle verslag doen oor hoe die fondse aangewend was en dat dit ‘n goeie motivering sal wees vir wanneer hulle weer skenkings vanaf Eden DM in die toekoms sal benodig.

Nadat Burgemeester Van der Westhuizen ook ‘n spesiale woord van dank aan sy kantoorpersoneel, mnr. Dawid Willemse (Kantoor Bestuurder), me. Nicolette Bell en mnr. Jason Barnes vir hul toewyding en vertroue gerig het, het hy ter afsluiting alle persone geïnspireer met die volgende woorde:  “Kom ons vat mekaar se hande en bou voort”.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →