Eden DM steek sy hand uit na die Groter Oudtshoorn gemeenskap

Eden Distriksmunisipaliteit (Eden DM) het laas week R230 000.00 aan besighede in die Groter Oudtshoorn area geskenk uit die goedheid van hul harte.

Die groep begunstigdes saam met rdl Wessie van der Westhuizen (links) en rdl Johann Koegelenberg (tweede van regs)
Die groep begunstigdes saam met rdl Wessie van der Westhuizen (links) en rdl Johann Koegelenberg (tweede van regs)

Eden DM se Uitvoerende Burgemeester, rdl Wessie van der Westhuizen en Eden DM Portefeulje Raadslid vir Finansiële Dienste, Johann Koegelenberg, het tjeks ter waarde van R230 000.00 oorhandig aan die begunstigdes wie insluit: Helderliggies Kleuterskool (R20 000.00), Pierewiet Créche (R100 000.00), Klein Karoo Nasionale Kunstefees (R100 000.00) en Potskerf (R10 000.00).

Rdl. Van der Westhuizen het die Eden DM raadslede en amptenare bedank vir uitstekende werk wat gedoen is oor die 2011-2016 raadstermyn. “Ons het in samewerking met die bestuur van Eden DM, die munisipaliteit vorentoe beweeg tot waar ons dit wou hê. Ons wou verseker dat die nuwe Raad inloop by ‘n organisasie wat stabiel is,” het Van der Westhuizen genoem.

Rdl. Koegelenberg het gesê: “Dit is noodsaaklik dat ons voortaan die Oudtshoorn gemeenskap ondersteun. Ons het onder meer geld verskaf aan Helderliggies ten einde elektrisiteit aan te lê vir hul kombuis, opvoedkundige materiaal vir kinders en ‘n onderdak skadunet wat kleuters sal beskerm teen die skroeiende Oudtshoorn son”.

“Uncle” Jeremy het namens Attekwa die Eden DM Raad bedank en genoem dat, “Met reg, doen ons navorsing by Potskerf oor ons mense se geskiedenis en selfs die plantegroei in die streek. Ons befonds alles uit ons eie sakke, daarom is ons dankbaar dat die Eden DM Raad ons ook nou finansieel ondersteun en ons hoop om weer in die toekoms saam met hulle te werk”.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →