Hoe Moes Ek Weet – Release

Die vraag was nou al net te veel gevra… Dit is nou tyd… Ons stel graag bekend ‘n eksklusiewe duet deur Joe Foster en Johan C Venter!. Hulle is nie net beste vriende nie, maar met elke projek wat hulle saam aanpak word hulle ook meer bekend vir hulle top kwaliteit spanwerk!

1

Saam het hulle ’n kykNET Ghoema Musiek Toekenning vir Lied van die jaar 2015 gewen, ’n temalied (Beleef Jou Wêreld In Afrikaans) vir kykNET geskryf en deel gereeld die verhoog, veral met Hartkank vertonings waar Joe Foster vir Johan C Venter as gaskunstenaar nooi.

Gedurende ’n skryfsessie in Brenton-on-sea begin Joe Foster met ’n melodie wat vinnig beide skrywers se harte roer en eindelik word daar ’n lied geskryf wat perfek werk as duet. Net daar, drie weke gelede voor ’n kaggel by die see, skryf en neem hulle die eerste offisiele Joe Foster en Johan C Venter duet, Hoe Moes Ek Weet, op.

Hierdie vrystelling sal geen aanhangers of Afrikaanse luisteraar teleurstel nie. Die twee kunstenaars het diep gaan grawe en met hierdie spesiale duet vir ons ’n lied gebring wat met die eerste luister reeds ’n plek in jou hart sal vind. Daar is verseker nog sielsmusiek wat sal volg uit hierdie vennootskap…

Hoe Moes Ek Weet sal die eerste opname wees waar Johan C Venter gehoor word sedert die vrystelling van die temalied “Met jou hart” uit die “Strikdas” film in April 2013. Joe Foster het vroeër vanjaar die Ghoema Toekenning gewen vir Beste Pop Album, Hartklank. Hy sal ook binnekort groot nuus bekend maak met die vrystelling van ‘n nuwe enkelsnit later in Augustus.

Hier is ook die eksklusiewe link na die video – Hoe Moes Ek Weet – http://bit.ly/HoeMoesEkWeet

 

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →