SWD Krieket is slaggereed vir die groot krieketaksie wanneer Groep B se westryde vir die Afrika Twintig 20 reeks die naweek op Oudtshoorn plaasvind. Vir die afgelope paar weke is groot verbeteringe op die REC krieketstadion aangebring met die oog op die toernooi.

Die tuisspan, SWD, is saam met die verdedigende kampioen, Noordelikes, Kenia en Noord-Kaap in Groep B geloot. ‘n Taai stryd word verwag en die Suid-Kapenaars wat deur Gurshwin Rabie aangevoer word sal die beskikbaarheid van Dane Vilas, Dane Paterson en Dane Piedt verwelkom.
Noord-Kaap spog met swaargewigte soos Aubrey Swanepoel, Werner Coetsee, Diego Rosier, Mbulelo Budaza en Tumelo Bodibe in hul span terwyl Aiden Markram en Heinrich Claassen gevaarlike kolwers in die span van Noordelikes is.
Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte, Albertus Kennedy, word daar styf duim vasgehou dat die weer gaan saamspeel aangesien koue weer voorspel word. “Toegang is gratis en ons nooi almal uit om die krieket te ondersteun”.
Die program vir die naweek is:
Vrydag: Kenia vs Noordelikes (09:45); SWD vs Noord-Kaap (13:30)
Saterdag: Noordelikes vs Noord-Kaap (09:45); SWD vs Kenia
Sondag: Noord-Kaap vs Kenia (09:45); SWD vs Noordeliks
Die SWD Krieketspan vir die naweek se Afrika Twintig20 reeks is Andy Moles (afrigter), André du Plessis (Tegniese Adviseur), Glenton Stuurman, Marcello Piedt, Brendon Louw, Nelson Setimani, Shael Laminie (Vise-President), Siyabonga Booi, Chris Marrow, Hanno Kotze, Gurshwin Rabie en Jongile Kilani. Voor is Ranwill Claassen (Hulp Afrigter, Otneill Baartman, Justin Jordaan en Niel Hornbuckle. Dane Vilas, Dane Paterson, Dane Piedt en Mafinke Serame was afwesig.