Vir die Voëls steek 3 miljoen-kerf in die eerste 10 dae verby!

Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, het binne die eerste 10 dae sedert sy opening die R3 miljoen-kerf verbygesteek en meer as 56 500 mense het reeds daarna gaan kyk!  Die fliek is tans in die no. 4-posisie op die top-10.

Huisgenoot se redakteur, Henriëtte Loubser, sê: “Ons is baie dankbaar teenoor die akteurs wat hul rolle meesterlik vertolk en teenoor Quentin Krog, die regisseur, en Danie Bester, die vervaardiger, vir hoe hulle hierdie liefdesverhaal uitgebeeld het op ’n manier wat mense se harte aanraak. Die feit dat die draaiboek inspirasie geput het uit Irma en Sampie se ware verhaal, gee ook ‘n egtheid daaraan wat verfrissend is.  Ek dink baie mense herken elemente van hul eie lewe in die verhaal.

Vir die Voëls is gegrond op die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd geterg het. Tot kort tevore het sy vas geglo onafhanklikheid is die enigste vorm van vryheid, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oor haar oortuigings laat nadink.

Die verhaal speel in die laat 1970’s af en roer die hartsnare. Dit is ’n nostalgiebelaaide rolprent oor ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was en ’n man met so ’n sterk identiteit dat hy ’n vrou kan respekteer en vir haar liefde veg. Dit is ’n storie oor die stryd teen jouself en hoe om te keer dat omstandighede en emosionele bagasie jou kans op geluk verongeluk.

The Film Factory het Vir die Voëls is in samewerking met kykNET Films vervaardig. Die rolverdeling sluit ook in Elize Cawood, Nicola Hanekom, Neels van Jaarsveld, Drikus Volschenk, Leandry Smith, Liam Bosman, Lara Kinnear, Candice Kruger en Bennie Fourie. Die rolprent is op 25 November 2016 uitgereik en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

Vir al die vakansiegangers wat op pad is Suidkus toe, is daar ook goeie nuus!  Vir die Voëls open ook eerskomende Vrydag, 9 Desember, by Ster-Kinekor Shelley Beach.

Vir ‘n volledige lys van teaters waar die fliek tans te sien is, volg hierdie skakels:

http://thefilmfactory.co.za/virdievoels/besprekings/

www.sterkinekor.com

www.numetro.co.za

Kyk hier na die lokprent: youtube.com/watch?v=o5uGD5mfsBM

Sosialemediaskakels:

Facebook: facebook.com/virdievoelsfilm

Twitter: @VirDieVoelsFilm

Instagram: virdievoels

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →