Jean du Plessis kaptein van SA Jongspan

Die kaptein van die SWD o/18 skolespan tydens die onlangse Coca Cola Khaya Majola nasionale krieketweek wat in Bloemfontein plaasgevind het, Jean du Plessis, het die SWD vlag hoog laat wapper toe hy as kaptein van die SA Jongspan na afloop van die toernooi aangewys is. 

Jean Du Plessis and Jarred Eldar of SA Colts during the 2016 Coca-Cola Khaya Majola Cricket Week match between SA Schools and SA Colts on December 21, 2016 in Bloemfontein, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

‘n Onoorwonne honderdtal vir du Plessis (104*) in SWD se wedstryd teen Noord-Kaap het sy plek in die span verseker.

Du Plessis, ‘n leerling aan Glenwood House op George, wat ook verlede jaar lid van die SA Jongspan was, het dié span aangevoer teen die SA Skolespan in die wedstryd wat tradisioneel na afloop van die toernooi beslis is.  In dié wedstryd wat Woensdag op die Mangaung Ovaal in Bloemfontein beslis is, het die SA Skolespan het maklik met 6 paaltjies koning gekraai nadat hul die Jongspan vir slegs 85 lopies uitgeboul het.  Du Plessis (19) was egter sy span se beste kolwer.

‘n Blink toekoms word vir Du Plessis voorspel.  Hy het reeds vroeër die seisoen vir die SWD senior span in die Afrika Twintig20 reeks gespeel en presteer ook op die hokkieveld waar hy lid van die SA 0/19 hokkiespan was Australië vroeër vanjaar  in ‘n reeks verslaan het.  Sy jonger broer, Arnaud, was vanjaar die kaptein van die SWD O/13 skolespan.

Volgens Rudy Claassen, die President van SWD Krieket, onderstreep du Plessis se prestasie die sukses van SWD Krieket se hoëprestasie en ontwikkelingsprogramme”.  Sedert Waldo Lategan in 2007 het SWD daarna nog elke jaar spelers in of die SWD Skolespan of die SWD Jongspan opgelewer.  Ander provinsiale spelers wat hierdie prestasie vermag het sluit Brendon Louw en Marcello Piedt in.  Beide spelers vorm tans deel van die SWD Senior provinsiale span.

Albertus Kennedy, die Bestuurshoof van SWD Krieket, sê daar is seker gemaak dat hy nie vir die provinsie verlore sal wees nie.  “Jean sal in 2017 ‘n graadkursus by die George kampus van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit volg en sal ook deel wees van die 2017 inname van die SWD Krieketakademie”, aldus Kennedy.

Share Button
, ,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →