Bekroonde groep, ADAM, reik derde enkelsnit uit!

Die gewilde groep, ADAM, se sukses ken geen perke nie!  Hulle is weer onlangs met twee Ghoema toekennings vereer vir a) Beste album deur ‘n groep of duo en b) Groep van die jaar en is ook benoem vir ‘n SAMA toekenning vir Beste Pop album. 

“Ons is ongelooflik dankbaar vir almal se ondersteuning en ag dit as ‘n voorreg om hierdie jaar twee Ghoema toekennings te kon ontvang.  Natuurlik is die SAMA benoeming ook vir ons baie spesiaal.  Dit is ons eerste SAMA nominasie ooit en dit nogal vir ons heel gunsteling album, HOOGTEVREES.  Die SAMAS is verteenwoordigend van ons land en ons ag dit ‘n groot eer om genomineer te wees”, sê Hugo Ludik.

Dié groep wat bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant reik nou, gedurende Mei 2017, hulle derde enkelsnit uit.  DIS AL WAT EK HET is geskryf deur Hugo.  Hy het een aand gelê en dink oor die feit dat daar gereeld in liefdesliedjies soveel beloftes aan die skoner geslag gemaak word, selfs in ADAM se liedjies, maar dat hy eintlik net ‘n gewone ou is en al wat hy het om te gee is liefde.

Om die uitreiking van hierdie enkelsnit te vier loods die groep in samewerking met Starburst Promosies ‘n heerlike kompetisie waar die wenners ‘n bederfdag saam met ADAM by Askari Game Lodge & Spa kan wen.  Die kompetisie word op 15 Mei 2017  om 10h00 op ADAM se Facebook blad aangekondig – hou gerus hulle blad dop!

Die album, HOOGTEVREES, is ook op iTunes beskikbaar:  ADAM.lnk.to/Hoogtevrees

Volg ADAM op sosialemedia:

Facebook:        https://www.facebook.com/adamgroep

Twitter:              @hugoludikADAM

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →