Gewilde Matzikama-fees skuif ná vyftien jaar

Die gewilde Madeliefie Makietie-fees, wat jaarliks op Vredendal aangebied is, verhuis na Strandfontein, die juweel stranddorpie aan die Weskus.

Klikkerland

Vanjaar se fees, wat plaasvind op 29 en 30 September, sluit 21 van ons land se top kunstenaars in, onder andere Majozi, Lee Scott, Die Broers, Pieter Koen, Snotkop, Neil Somers, Dirk van der Westhuizen, Willem Botha, Andriëtte Norman, Brendan Peyper, Leah, HemelBesem, Lianie May, Jay, Bobby van Jaarsveld, Klikkerland, Lollos en Dobbelsteun. 

“Madeliefie Makietie is die grootste handelsmerk vir Afrikaanse vermaak in die Namaqua Weskus-streek,” sê Stokkies van Zyl, voorsitter van Madeliefie Makietie. Volgens Van Zyl bied dié fees gesinsvriendelike en bekostigbare vermaak-ervarings wat gefokus is op Afrikaanse inwoners. 

“Ons is trots op Suid-Afrika, ons kultuur, ons streek se lekker wyne, heerlike kos en gasvryheid,” vertel van Zyl verder. Van Suid-Afrika se beste kunstenaars trek saam oor een naweek, by een fees, op drie verskillende verhoë. 

Die hele dorp vorm die feesterrein met stalletjies in die strate, eetplekke, en drie verhoë. Dié drie verhoë sluit in die hoofverhoog wat die natuurlike amfiteater van die Perdeskoen is, die dagverhoog en die laatnag-verhoog. “ ’n Produksie-vertoning – Die juweel van die Weskus – vorm die kern van ons aanbod,” sê van Zyl. 

Meer inligting oor die fees en verblyfopsies sal binnekort beskikbaar wees op die fees se nuwe webblad by www.madeliefiemakietie.co.za

Bly ook op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →