Liedjieskryf in Praktyk deur Joe Foster

“Om ‘n liedjie te skryf, is soos om baie eerlik met jouself te wees. Jy grou baie diep in jouself om ‘n nuwe produk te lewer…” – Joe Foster

Wou jy nog altyd ‘n liedjie skryf? Daar is soveel mense wat vra “Waar begin ek?” en “Ek het die woorde, maar wat doen ek dan?”.

Joe Foster wil graag sy passie deel en ander help om hulle talente te volle uit te leef! Song House, in samewerking met Joe Foster en WS Marketing, se eerste (en baie eksklusiewe) werkswinkel, Liedjieskryf in Praktyk, vind plaas op 16 & 17 Junie te Lombardy Business Park.

Joe gaan al jou vrae antwoord deur prakties vir jou te wys en deur die verskillende aspekte en stappe van liedjieskryf te werk. As jy graag jou liedjieskryfvernuf wil opskerp, aanspoor of saam met een van SA se beste liedjieskrywers daaraan wil skaaf – bespreek sommer NOU! Daar is slegs 20 plekke beskikbaar!

LIEDJIESKRYF IN PRAKTYK is praktiese liedjieskryf- en inligtingsessies wat strek oor twee dae. Die doelwit is om jou te leer en prakties te wys hoe liedjieskryf gebeur in die komersiële musiekbedryf deur om saam te skryf aan drie oorspronklike kommersiële liedjies.

Jy leer tegnieke en waardevolle inligting oor hoe om ‘n suksesvolle liedjie te skryf en ‘n loopbaan in liedjieskryf te begin. Ons beoog om tenminste drie opneembare liedjies saam op te lewer waarvan die bywoners wat gedeeltes daarvan skryf ook natuurlik regte op besit en ‘n moontlike inkomste uit kan verdien.

“Die liedjieskryf werkswinkel, wat ek aanbied, gaan jou werklik prakties touwys maak en jou die nodige selfvertroue en vrymoedigheid gee om ‘n treffer liedjieskrywer te kan word!” – Joe Foster

Moet nie hierdie geleentheid misloop nie! Skakel 012 004 0642 of kry jou aansoek vorm by www.songhouse.co.za

Sien jou daar!

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →