Dit was met groot entoesiasme dat die Uniondale gemeenskap kon toesien hoe Dewald Human die eerste persoon word van uit ons plaaslike gemeenskap wat `n Blitsbok Trui oor sy kop kon trek op Saterdag 13 Mei 2017.
Na jare van harde werk en volgehoue ondersteuning kon sy Familie, Uniondale Hoërskool en Outeniqua Hoër die eind produk sien.
Dit is `n prestasie wat baie min van ons plattelandse jeug te beurt val, daarom het die wyksraadslid Raadslid Esua dit nodig geag om erkenning te gee aan sy prestasie en `n spesiale geleentheid gereël wat op 8 Junie 2017 sal plaasvind. Verskeie hoog geplaaste gaste is uitgenooi wat sy familie, die Agbare Uitvoerende Burgermeester van George Munisipaliteit asook `n moontlikheid van die Voorsitter van NYDA en vele ander insluit.
DATE: 8 June 2017
Uniondale Town Hall – Voortrekker Road (Main road)
Time: 18h00