Luister : Henri Scott

Henri Scott, deel van die Ghoema genomineerde groep HallelujahSA, bring sy eerste solo enkelsnit Luister uit! Die liedjie is geskryf deur homself, Sven Blumer en Helmut Meijer. Met klanke soos folk, pop en modern elemente, glo ons die lied sal jou laat luister!

Die enkelsnit is deel van die volwasse kontemporêre genre. Dit vertel ‘n storie van ons as mens se daaglikse struikel om te luister, of dit nou liefde, verhoudings of iets wat vir jou persoonlik is. Scott se raad deur die lied is om eenvoudig rustig te raak en te luister.

Die beste raad wat jy kan ontvang is die van jouself en ons almal weet wat die beste vir ons is. Moeilike seisoene is daar om ons te vorm en ons as persoon sterkter te maak, al verstaan ons dit nie op die huidige oomblik nie.

Henri glo om musiek te skep wat ‘n boodskap oordra en stories daardeur te vertel – dit beteken nie dat jy nie sal kan dans daarop nie! Sy liedjies het mening en ‘n doel.

Hy laat nie Christelike Musiek agter nie, maar hy glo dat musiek wat deur Christine geskryf is ook Christelik is en hy mense op verskeie gebiede kan raak met musiek wat die sperstreep oorsteek. Hy dien steeds in HallelujahSA by verskeie skole en kerke, maar wil nou almal bereik.

In 2011 het hy ‘n droom gehad om musiek te maak en so het sy pad eers ‘n draai gemaak om kunstenaars se loopbane te bestuur: “Dit was goed vir my. Ek het geleer hoe die bedryf werk en nou is dit my tyd ook. HallelujahSA is my roeping om lofprysing en my passie oor te dra aan mense wat nog nie bewus is van Ons Vader nie. My komersiele musiek wil ek as ‘n loopbaan bestuur”.

Hy werk aan ‘n beweging waar hy saam met sy kunstenaars en homself wêreld klas musiek wil skep: “Ek wil nie in ‘n boks geplaas word of ge-etikiteer word as ‘n Afrikaanse of Engelse kunstenaar nie, maar wil net musiek maak. As mense daarvan hou, sal dit vir my baie beteken”.

Die skryf proses van die lied was baie interessant. Dit is baie op sy persoonlike lewe van toepasing. Vertel hy: “Ek het deur ‘n moeilike tyd gegaan waar daar veranderinge was wat ek nie kon beheer nie. Ek het toe stil gaan sit en probeer luister. Mense se raad beteken baie, maar God se raad is die mees waardevolste. Dit is hoe die storie agter die lied gekom het. Ek het eers ‘n storie geskryf oor my situasie en so uiting gegee aan my frustrasie. Luister as die swaarkry praat, jy vra dan, fluister dan net vir my raad. En dan waneer jy Luister sal lig daaruit kom. Luister as jou hart praat want die beste raad, kom uit jou hart”.

Scott, Helmut en Sven het gaan sit en begin werk aan die lirieke wat geinspireer was deur die storie.

Die snit word tans gestuur om op radio te speel waarna die musiekvideo in Julie vrygestel sal word.

CONTACT: +27 87 820 0383

EMAIL: henri@scottentertainment.co.za

FAX: 086 693 4846

Facebook:https://www.facebook.com/sentfans

WEB: www.scottentertainment.co.za

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →