Die gewilde groep, ADAM, wat gedurende 2017 twee Ghoemas en ‘n SAMA musiek-toekenning ontvang het, het onlangs ‘n splinternuwe musiekvideo vir die liedjie DIS AL WAT EK HET uitgereik.
Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=G002KJhFGqk
Hugo Ludik, stigterslid van dié groep sê hy het een aand gelê en dink oor die feit dat daar gereeld in liefdesliedjies soveel beloftes aan die skoner geslag gemaak word, selfs in ADAM se liedjies, maar dat hy eintlik net ‘n gewone ou is en al wat hy het om te gee is liefde.
Die album, HOOGTEVREES, is ook op iTunes beskikbaar: ADAM.lnk.to/Hoogtevrees
Volg ADAM op sosialemedia:
Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep
Twitter: @hugoludikADAM