Top kunstenaars, Mej. Madeliefie-kompetisie, EarlyBird-kaartjies en vele meer!
Stof solank jou feesskoene af vir die immergewilde Madeliefie Makietie-fees wat vanjaar met ’n nuwe tuiste spog en vir die eerste keer op die bekoorlike Weskus-stranddorp Strandfontein gehou gaan word.
Die fees vind op Vrydag, 29 en Saterdag, 30 September plaas en 15 van ons land se top kunstenaars gaan hier optree. Hulle is onder andere Bobby van Jaarsveld, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May, Juanita du Plessis, Jay, Neil Somers, Klikkerland, Lollos en Dobbelsteun en Lee Scott.
“Dit is my heel eerste keer wat ek op Strandfontein, die juweeldorpie van die Weskus, gaan optree. Ek en my orkes sien baie uit daarna omdat die Weskus my baie na aan die hart lê en so ongelooflik mooi is. Ek kan regtig nie wag vir die fees nie,” vertel Bobby van Jaarsveld.
Die kaartjies vir vanjaar se Madeliefie Makietie-fees is nou by Computicket beskikbaar. As jy dit voor 31 Augustus by enige Computicket, Shoprite/Checkers of House & Home of aanlyn koop, kry jy 20% afslag met EarlyBird-kaartjies vir dag- of naweekbesoekers.
Madeliefie Makietie bied vanjaar Weskus Touchies op 29 en 30 September aan. Daar is groot pryse om te wen. Die wedstryde sal op die Strandfontein-strand voor die lewensreddersgebou gehou word en spanne kan tussen 10:00 en 14:00 op 29 September inskryf. Jou span moet uit sewe spelers bestaan en inskrywings is R250 per span. Maak seker om jou span solank gereed te kry vir groot opwinding en pryse.
Daar sal Saterdag, 30 September, om 08:00 ’n olifant-staproete wees wat deur ’n plaaslike gids gelei sal word. Die roete is 4 km lank en sal drie ure neem om te voltooi. Stappers moet hul eie toerusting en water/versnaperinge saambring. Skenkings ten bate van die Strandfontein Belastingbetalersvereniging van R10 per volwassene en R5 vir kinders, 7 jaar en ouer sal gevra word.
Mej. Madeliefie sal vanjaar op Woensdag, 6 September, om 19:30 by die sportsaal op Vredendal plaasvind. Die kaartjies vir die geleentheid beloop R200 per persoon en sluit ’n heerlike ete in. Die tema van die geleentheid is Moroccan nights en die kleredrag is semi-formeel/Marokkaans. Die gewilde Juan Boucher is die gaskunstenaar wat die gehoor deur die loop van die aand gaan vermaak. As jy wil deelneem aan Mej. Madeliefie, meer oor die reëls van die kompetisie wil lees en ook die inskrywingsvorm aanlyn wil voltooi, kan jy gerus op die volgende skakel klik http://bit.ly/MejMadeliefie
Besoek www.madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word of by 0861 915 8000.
Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook (facebook.com/MadeliefieMakietieSA), Twitter (twitter.com/madeliefieM) en Instagram (instagram.com/madeliefiemakietie/).