Namakwaland toere in volle blom

Blommeliefhebbers het die geleentheid om Namakwaland se blommeprag in styl te ervaar met Namakwa Toere.

Hierdie familie-besigheid is al vir 32 jaar in die toerbedryf en ken die omgewing soos die palm van hul hand. Mike Spies, eienaar van Namakwa Toere, weet presies waar om toergangers te neem om te verseker dat elkeen se besoek aan Namakwaland onvergeetlik is.

“Namakwaland lyk elke jaar anders en elke week in die seisoen is ook verskillend. As jy ’n vasgestelde reisplan het wat jy elke jaar volg om blomme te kyk – of die streek te verken – gaan jy beslis op baie besienswaardighede uitmis. By Namakwa Toere beplan ons elke blommetoer só dat net die beste en mooiste blomme in die streek gesien kan word,” sê Spies.

Die 4 Dag Namakwaland Blommetoer se datums is van Saterdag, 2 September, tot Dinsdag, 5 September (en van 15 tot 18 September) en sluit besoeke in na onder meer Darling, Langebaan, die Knersvlakte, Garies, Nieuwoudtville met sy skouspelagtige waterval en gletserspore, die Olifantsriviervallei en Clanwilliam. Maak ’n draai by die Kokerboomwoud en die Ramskop-natuurtuin waar besoekers die geleentheid kry om die omgewing se blomme in al hulle glorie op een plek te sien.

’n Spesiale 5 Dag Namakwaland Blomme- en Gospel Skouspel-toer – in oorleg met Namibië se Kanaal 7 – vind plaas van Sondag, 27 Augustus, tot Maandag, 4 September. Die toer skop af in Windhoek waarvandaan toergangers na Keetmanshoop reis en daarna na Springbok. Plekke wat besoek word, is onder meer Tulbagh, die Weskus, Vredendal, Nieuwoudtville, Dwarskersbos en Langebaan. Ná die blommetoer reis die bus na Kaapstad waar toegangers die Gospel Skouspel by GrandWest Casino sal bywoon. Beslis nie ’n toer om mis te loop nie.

Van Maandag, 21 Augustus, tot Saterdag, 26 Augustus, vind die 6 Dag Blommetoer plaas. Toergangers besoek onder meer die Weskus, die Knersvlakte, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Clanwilliam, Wupperthal, Porterville en Tulbagh. “’n Spesiale aspek van hierdie toer is die besoek aan die Knersvlakte met die yslike verskeidenheid dwergvetplantjies,” sê Spies. “Die Biedouw-vallei is ook ’n groot hoogtepunt op hierdie toer.”

Die Weskus/Sederberge-toer is perfek vir avontuurlustiges. Hierdie toer strek oor vier dae en toergangers besoek onder meer Saldanha, Velddrif, Laaiplek en Dwarskersbos. “Die besienswaardighede is eindeloos!” sê Spies. “Ons besoek die Stadsaalgrotte en sien voorbeelde van regte Boesmantekeninge en maak ’n draai by Louis Leipoldt se graf.” Hierdie toer is beskikbaar van Dinsdag, 26 September, tot Vrydag, 29 September asook Saterdag, 30 September, tot Dinsdag, 3 Oktober.

Daar is ook staptoere wat strek oor vier of vyf dae en toergangers kan kies tussen staproetes in die Knersvlakte, Weskus, Sederberge, Pakhuisberge, Bokkeveld en Gifberg. Die toere word slegs op aanvraag gedoen en word bymekaargesit om by die groep se behoeftes en vaardighede te pas. Groepe van vier of meer kan geakkommodeer word.

Luukse vervoer, verblyf by Namaqua Lodge en heerlike buffet-etes word by die toere ingesluit. Die opgeleide toergidse is hulpvaardig en vriendelik en met Namakwa Toere voel almal soos familie. “Ons kan met trots sê dat ons die leiers is op die gebied van Namakwalandse blommetoere,” verkondig Spies.

Om vir jou en jou familie, vriende of kollegas die avontuur van ’n leeftyd te bespreek, kontak Namakwa Toere op 027 219 1377 of stuur ’n e-pos aan info@namakwatoere.com.

Gaan kyk ook gerus na hul webtuiste vir meer inligting by www.namakwatoere.com en besoek hulle ook op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →