Blommetoer sluit af op hoë Gospel-noot

Van Sondag, 27 Augustus tot Maandag, 4 September, kan Gospel-liefhebbers uitsien na iets besonders. Namakwa Toere bied hul 5 Dag Blommetoer aan, maar met spesiale toevoegings – die toer sal nege dae lank wees en na Kaapstad gaan vir die 2017 Skouspel Gospel!

Hierdie toer, wat in samewerking met Namibië se Kanaal 7 aangebied word, skop in Windhoek af en gaan van daar na Keetmanshoop en daarna na Springbok, waar toegangers die nag sal deurbring.

Die tradisionele 5 Dag Namakwaland Blommetoer skop dan af en het talle hoogtepunte. Die Knersvlakte met al sy dwergvetplante word besoek en Nieuwoudtville – bolplanthoofstad van die wêreld – bied toergangers ook ’n skatkis van attraksies. C. Louis Leipold se graf in die Pakhuisberge word besoek en die toer maak ook ’n draai by die Muisbosskerm duskant Lambertsbaai vir ’n egte Weskus-ete.

Ná die blommetoer reis die bus na Kaapstad waar toergangers die Gospel Skouspel op 2 September by die GrandWest Arena sal bywoon. ’n Rits bekende kunstenaars waaronder Elvis Blue, Heinz Winkler, Joshua na die Reën, Vicky Sampson en Corlea gaan hier optree.
Toergangers keer op Sondag, 3 September, weer terug na Springbok, waar hulle oornag, en van daar weer terug na Windhoek.

Namakwa Toere is ’n familie-besigheid met mense wat passievol is oor toerisme. Die onderneming is bekend vir hul gasvryheid, luukse vervoer, kundige toergidse en onvergeetlike ondervindings.

Op hierdie toere verander vreemdelinge in vriende, en vriende in familie. Volgens Mike Spies, mede-eienaar van Namakwa Toere, kuier toerlede so lekker saam dat hulle kontak behou ná die toere en selfs terugkeer om groepbesprekings te maak.

“Hierdie is ’n geleentheid soos min en kombineer die opwinding om die Weskus van Suidelike Afrika te verken met ’n bobaas musiekvertoning om verrigtinge op ’n hoë noot af te sluit. Ons het die toer só saamgestel dat dit ’n avontuur sal wees vir individue, gesinne en toergroepe,” sê Spies.

Bespreek vandag nog die ervaring van ’n leeftyd en skakel Juanita by +264 61 420 850 of stuur ’n e-pos na juanita@k7.com.na

Vir meer inligting oor Namakwa Toere skakel hulle by +27 27 219 1377 of besoek hul webtuiste by www.namakwatoere.co.za. Jy kan ook ’n e-pos stuur aan info@namakwatoere.com.

Besoek hulle ook op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →