Die Keldery is geleë tussen Vredendal en Klawer en dis beslis ’n moet op jou vakansielysie.
Die Keldery is die amptelike proelokaal van Namaqua Wyne en nie net kan jy wyn proe nie, maar ook wynparing doen met sjokolade of biltong en die dag saam jou vriende en familie by hierdie pragtige plek geniet.
Die Keldery bied elke Donderdagaand spesiale aanbiedinge aan en dit sluit ’n heerlike bord kos en ’n kraffie wyn in, maar elke Donderdag verskil die geregte, wat hierdie aand net meer spesiaal maak. Die geregte wissel van heerlike cordon bleu tot taai ribbetjies met groente, slaai en vele meer.
Die Keldery is ook die perfekte lokaal waar jou sprokiestroue ’n werklikheid kan word met die mooiste versierings, ’n lys van geregte sodat jy jou eie spyskaart aanmekaar kan slaan, verskillende wynsoorte en net die beste diens waar elke gas persoonlik verwelkom word met vriendelikheid en respek.
Die Keldery se venue kan tot 120 gaste akkommodeer. Daar is ook ’n tent te huur wat ruimte het vir nog 180 mense. Daar is ook ’n groot dansbaan en kontantkroeg en die spyskaart kan aangepas word volgens jou persoonlike smaak. Daar is gazebo’s, tafels met sambrele en vele meer geriewe beskikbaar as jy jou droom vir ’n troue in die buitelug wil uitleef.
Die Keldery is ook die ideale plek om jou kinders se verjaardagpartytjies te hou. Die geriewe vir die partytjies sluit in ’n springkasteel, klimraam en speelpark. Ons het ook ’n konferensielokaal wat geskik is vir groepe van tot 80 mense.
Op 8 Junie het daar ’n tenkmonsterproe by Die Keldery plaasgevind waar 15 verskillende plaaslike wyne op die proef gestel is. Elke wynboer het gesels en uitgebrei oor die wyn se smaak en reuk. Ná die tyd was daar heerlike sop wat die personeel voorberei het met broodjies, kaas, konfyt en botter.
Om ’n bespreking te maak vir groot groepe of vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com