Madeliefie Makietie gaan vir groot opwinding sorg op Strandfontein

Die Madeliefie Makietie-fees wat vanjaar op 29 en 30 September op Strandfontein plaasvind, gaan vir groot opwinding sorg met 19 van ons land se top kunstenaars en die nuwe voorkoms van die pragtige stranddorp.

Altesame 23 van ons land se top kunstenaars gaan besoekers vermaak. Hulle is onder andere Bobby van Jaarsveld, Willem Botha, Die Broers, Pieter Koen, Andriëtte, Leah, Brendan Peyper, Lianie May, Juanita du Plessis, Jay, Neil Somers, Klikkerland, Lollos en Dobbelsteun, Lee Scott, Emo Adams, Stephan Vermaak, Werner Coetser en Vito.

“Ons sien baie uit na die Madeliefie Makietie-fees. Dit gaan een groot makietie wees. Ons het baie nuwe materiaal en kan nie wag om dit met die Dobbelsteuners te deel nie,” vertel ’n opgewonde Johan van der Merwe van Dobbelsteun.

Die eerste aanbieding van vanjaar se fees skop op Woensdag, 6 September af met die kroningsgeleentheid van mej. Madeliefie 2017 by die Vredendal-sportgronde. Daar is 17 pragtige meisies wat aan hierdie kompetisie gaan deelneem. Hulle is Hernel Swarts, Yolandi van Zyl, Angelique Faber, Lorraine Louw, Chris Lee de Lange, Anje Coetzee, Emorè Vosloo, Jani Smith, Itha Steyn, Carike Kotze, Lyzandre Booysen, Chane Callard, Jade van Zyl, Kaydee Phillips, Samantha Gubelo, Richelle Nel en Chany Nay Williams. Die gewilde sanger, Juan Boucher is die gaskunstenaar wat die gehoor by die kroningsgeleentheid gaan vermaak.

Op Saterdag, 9 September, bied Madeliefie Makietie die Daisy Z-talentkompetisie aan by die Maskam Mall op Vredendal. Hierdie kompetisie is waar oud en jonk hul talente kan wys, of dit nou sing, dans, toertjies of stories vertel is, en ’n kans staan om groot pryse te wen. Indien jy ook wil inskryf vir hierdie kompetisie, kan jy ’n e-pos stuur na mymatzikama@lumico.co.za of jy kan die warmlyn skakel by 078 692 7198.

Daar is nog stalletjies beskikbaar by die Madeliefie Makietie fees in die perdeskoen-arena tussen die wynstalletjies. Indien jy belang stel of graag jou eie stalletjie by vanjaar se fees wil hê, is jy welkom om ’n e-pos aan Marianae@kingsley.co.za te stuur, of jy kan ’n aansoekvorm op die webblad invul by http://madeliefiemakietie.co.za/stalletjie-aansoeke/

Indien jy hierdie ongelooflike fees wil bywoon en op soek is na verblyf vir die feesnaweek, kan jy gerus vir Marianae@kingsley.co.za ’n e-pos stuur om nou verblyf vir die fees te bespreek.

Besoek www.madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word of by 0861 915 8000.
Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook (facebook.com/MadeliefieMakietieSA), Twitter (twitter.com/madeliefieM) en Instagram (instagram.com/madeliefiemakietie/).

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →