Diegene wat vanjaar se asemrowende toere misgeloop het kan hulleself nou gelukkig ag, aangesien Namakwa Toere reeds hul toerdatums vir 2018 bekend gemaak het.
Kies tussen vier-, vyf- en sesdag Blomtoere en ander gunstelinge soos die Weskus-Sederberge- en Namibië-toere. Ervaar unieke avonture en besoek die ikoniese Namakwaland en omliggende dorpies op soek na pragtige landskappe, besienswaardighede en natuurlik, plate en plate vol blomme.
Op die vier-, vyf- en sesdag Blomtoere besoek toergangers onder meer Darling, Lutzville, Springbok, Vanrhynsdorp, Garies en Langebaan. Toergangers besoek die karaktervolle vissersdorpies langs die kus en bewonder die asemrowende Nieuwoudtville-waterval en die pragtige plantelewe.
Datums vir die vierdag Blomtoer is as volg:
- 1 tot 4 Augustus 2018
- 28 tot 31 Augustus 2018
- 7 tot 10 September 2018
- 11 tot 14 September 2018
- 15 tot 18 September 2018
Datums vir die vyfdag Blomtoer is as volg:
- 5 tot 9 Augustus 2018
- 17 tot 21 Augustus 2018
- 2 tot 6 September 2018
Datums vir die sesdag Blomtoer is as volg:
- 10 tot 15 Augustus 2018
- 22 tot 27 Augustus 2018
Die gewilde Namibië-toere skop in Februarie af en vertrek van Pretoria na die Etosha Nasionale Park. Hierdie 13-dag toer sluit onder meer ’n besoek aan Duin 7, Sossusvlei en die Namib-woestyn in. Ervaar ook die onbeskryflike skoonheid van die Namibiese sonsopkoms en -ondergang.
Datums vir hierdie toer is as volg:
- 8 tot 20 Februarie 2018
- 21 Maart tot 2 April 2018
- 5 tot 17 April 2018
- 16 tot 28 Mei 2018
- 1 tot 13 Junie 2018
Bespreek jou 2018-toer voor 31 Desember 2017 en betaal 2017 se tarief. Moenie hierdie spesiale aanbod misloop nie. ’n Deposito van R2 000 is betaalbaar binne 14 dae na bevestiging van bespreking.
Namakwa Toere het tydens die huidige droogte die ekstra myl gestap en meer kilometers afgelê om net die beste beskikbare blomme vir toerlede in 2017 te kon wys. Omdat Namakwaland hul tuiste is, ken hulle die omgewing en sy mense, wat dit vir hulle moontlik maak om van die hoofpad te dwaal om te verseker dat toerlede nie net die blomme sien nie, maar ook ervaar.
Namakwa Toere plaas klem op die feit dat die blommeprag in dié streek nie ’n boerdery-aktiwiteit is nie, maar lank voor die koms van mense in die area bestaan het. Meer faktore as slegs die beskikbaarheid van water speel ’n rol in die blomme se gehalte, waaronder weerstoestande, grondgehalte en omliggende boerdery-aktiwiteite groot faktore is.
Vanweë die min water die afgelope tyd het die plantegroei ook aangepas en kan dit in droë toestande en met baie min water blom. Namakwaland is ’n semi-woestyn wat een maal ’n jaar in ’n blomparadys verander.
Vir meer inligting oor Namakwa Toere, skakel 027 219 1377, besoek www.namakwatoere.co.za of stuur ’n e-pos na info@namakwatoere.com.
Volg Namakwa Toere op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).