Die Keldery bied besoekers ’n unieke Matzikama wyn-ervaring

Die Keldery, geleë by Spruitdrift Wynkelder net buite Vredendal, bied besoekers ’n unieke wyn- en kos-ervaring. Die Keldery is die proelokaal vir Namaqua Wyn en spog met ’n pragtige restaurant met ’n uitsig wat jou halsoorkop verlief op die Matzikama-streek sal laat. 

Die luuksheid en ruimte van Die Keldery laat besoekers toe om die kos en wyn stylvol te geniet en steeds die natuurskoon te ervaar. Besoekers kan uit kyk oor pragtige wingerde en die Maskam-bergreeks terwyl hul monde op ’n smaak-avontuur gaan. Die Keldery vorm deel van die Namakwa Weskus Wynroete en is 300 km van Kaapstad geleë.   

Die Keldery is nie net ’n proelokaal en restaurant nie, jy kan jou groot dag ook by Die Keldery vier en jou liefde herdenk. Indien jy jou sprokiestroue beplan en dit ’n werklikheid wil maak, kan jy Die Keldery kontak. Die Keldery is die ideale venue wat gepas is vir troues met die mooiste versierings asook ’n lys van smullekker geregte sodat jy jou eie spyskaart kan kies en aanmekaarslaan. Jy het ook ’n keuse van die verskillende wynsoorte om van te kies.

Die venue kan tot 120 gaste akkommodeer en daar is ’n tent wat jy kan huur wat ruimte het vir 180 mense. Daar is ook ’n dansbaan en kontantkroeg beskikbaar asook gazebo’s, tafels met sambrele en vele meer geriewe wat geskik is vir jou as jy jou droomtroue in die buitelug wil hê.

“Dit maak ons by Die Keldery baie gelukkig om te sien hoe paartjies hul groot dag hier by ons geniet! Ons gaan uit ons pad om die dag vir hulle besonders te maak!” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Die Keldery is ook die perfekte lokaal vir jou kind se partytjie! Die speelgeriewe buite die restaurant sluit ’n springkasteel, speelpark en klimraam in en sal jou kinders en hul vriende vir ure lank vermaak.

“Kinders geniet hulle gewoonlik gate uit by kinderpartytjies wat hier gehou word, en ons het meer as genoeg spasie vir hulle om rond te hardloop en hulself te geniet,” sê Adri.

Elke Donderdagaand het Die Keldery ’n spesiale aanbiedinge wat ’n smullekker bord kos en ’n kraffie wyn vir net R110 per persoon insluit. Die geregte verskil elke week en dit maak die aandjie uit net meer besonders. Die geregte wissel van vis tot hoender-schnitzel met skyfies en slaai en nog vele meer.

“Om teleurstelling te voorkom, is dit noodsaaklik om ’n afspraak te maak vir die spesiale aanbiedinge,” sê Adri.

Die Keldery is nie net perfek vir troues en kinderpartytjies nie, maar is ook geskik vir sakekonferensies, spesiale geleenthede en ander byeenkomste.

Great venue vir besigheidsfunksies, goeie kos en uitstekende personeel wat jou funksie bestuur,” Leatitia op TripAdvisor.

By Die Keldery kan jy elke Vrydag 20% afslag kry op enige van jou gunsteling Namaqua-wyne! Dit is beslis ’n winskopie en deur op Vrydae die 20% afslag te kry, spaar jy geld en kan jy verseker wees dat jou wynrak mooi vol is.

Jy kan ’n gratis wynproe by Die Keldery geniet of vir slegs R35 kan jy ’n biltong en wyn of sjokolade en wyn proe en pas geniet. Die Keldery bied ook ’n druiwesap proe vir kinders aan sodat hulle nie uit voel terwyl die grootmense aan hul volwasse drankies teug nie.

“Dit is nie nodig om ’n afspraak te maak vir die wynproe nie, maar dit is raadsaam om ons eers vooraf te kontak om seker te maak dat ons nie ’n funksie op daardie betrokke dag het nie,” sê Adri.

As jy die beste van die Matzikama-streek; natuurskoon, gasvryheid, wyn en kos; wil ervaar, besoek Die Keldery tydens jou volgende avontuur in die Namakwa Weskus. Hier sal jy tuis voel terwyl jy die beste van die streek geniet.

Om ’n bespreking te maak vir groot groepe of vir meer inligting oor die wynproe, skakel gerus  027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →