Nuwe huisies sorg vir nóg slaapplek by enige reünie, spanbou of familie-byeenkoms

Dit is altyd ’n uitdaging om die regte bestemming te vind vir enige groepsbesprekings soos spanboue, reünies of bymekaarkomste – ’n unieke bestemming, weg van die gewoel en gejaag van die alledaagse lewe, met genoeg slaapplek vir al die gaste.

Jy hoef glad nie verder te soek nie! Willemsrivier, sowat 4 km buite Nieuwoudtville in die Noord-Kaap, is net die regte plek vir jou volgende groep-wegbreeksessie. Dié gasteplaas beskik oor elf unieke huisies, elk met ’n outentieke plaasgevoel. “Die meubels en dekoritems vir elke huisie is spesiaal uitgesoek en gekies vir ’n effe verweerde, ingeleefde ou-wêreldse gevoel,” vertel Erika Kotze, mede-eienaar van Willemsrivier.

Willemsrivier is die perfekte wegbreek-bestemming met talle historiese geboue om te besigtig soos byvoorbeeld die Smuts/Maritz Kantoor, die Waenhuis, die Opstal en talle meer. Vir avontuurlustiges is daar ook ’n 4×4-roete en staproetes.

Nóg drie huisies is onlangs gerestoureer en gemeubileer. Die eerste huisie, SandCastle, is genoem na die antieke grafte wat soos sandkastele lyk. Die huisie is ’n gebou met twee vertrekke – die een vertrek is die leef/kombuis/slaapkamer en die ander vertrek is die badkamer met bad en stort. Hierdie is die perfekte verblyf vir twee persone. Daar is ’n lekker stoepie met ’n onderdak-buitebraai.

Die tweede huisie is Waenhuis, ’n klein gemaklike oopplan-huisie met ’n volle badkamer en onderdakbraai. Hierdie was ’n ou stoor waar implemente gestoor is, en daarom ook Waenhuis genoem word. Waenhuis front noord en daarom kan jy die elke aand die pragtige sonsondergang geniet!

Die nuutste toevoeging is Bakoond, genoem na die ou bakoond wat voor die nuwe huisie staan. Hierdie intieme huis huisves twee persone gemaklik.

Hierdie besonderse vakansieplaas bied slaapplek vir tot veertig mense met groot oop ruimtes, kuierspasie en aktiwiteite om te verseker dat jou groepswegbreek beslis een is om te onthou en oor huistoe te skryf.

Vir meer besonderhede oor Willemsrivier, gaan na willemsrivier.com of besoek hul Facebookblad, Twitter of Instagram.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →