Groot krieket op Oudtshoorn

Alle paaie loop Saterdag na die REC op Oudtshoorn vir die Momentum Beker Eendag wedstryd tussen die WSB Cape Cobras en die Warriors. 

Christiaan Jonker of the Chevrolet Warriors during the Momentum One Day Cup match between Chevrolet Warriors and Sunfoil Dolphins at Buffalo Park on December 05, 2012 in East London, South Africa.  Photo by Richard Huggard / Gallo Images

Groot opwinding heers in SWD krieketgeledere wanneer Oudtshoorn die gasheer vir hierdie groot wedstryd gaan wees.

Dane Paterson of the Cobras during the RAM SLAM T20 Challenge match between Warriors and WSB Cape Cobras at Buffalo Park on December 10, 2017 in East London, South Africa. (Photo by Michael Sheehan/Gallo Images)

SWD het reeds verskeie wedstryde in die Sunfoil Vierdagreeks op Oudtshoorn aangebied maar vanuit ’n toeskouer oogpunt is Saterdag se stryd ’n groot gebeurtenis.  “As aandeelhouer in Wes-Kaap krieket was dit altyd ons strewe om hoë profiel wedstryde na Oudtshoorn te bring en ons wil graag bewys dat ons gereed is om wedstryde op hierdie vlak aan te bied en ook om iets spesiaal vir ons ondersteuners na Oudtshoorn te bring”, het mnr Rudy Claassen die president van SWD Krieket gesê.  Dit is werklik ’n opwindende dag vir SWD Krieket.

Met die RAM Slam Twintig20 reeks nou afgehandel gaan die professionele spanne se fokus na die eendagreeks verskuif.  Hoewel internasionale sterre soos Vernon Philander, Hashim Amla en Temba Bavuma nie vir die Cobras beskikbaar is nie weens verpligtinge met die Proteas bring die Cobras steeds ’n sterbelaaide span na Oudtshoorn.  ’n Speler wat vir die SWD naam gemaak het en deesdae ’n groot held vir die Warriors is, Christiaan Jonker, sal ook in aksie wees.

Kaartjies vir die wedstryd is by die SWD Kantoor beskikbaar of kan op die wedstryddag by die hekke in Voortrekkerweg gekoop word.  Kaartjiebesprekings kan ook aanlyn by Ticketpro gedoen word.  Toegang is R20,00 vir volwassenes en R10,00 vir kinders.

Navrae kan gerig word by 044-272 6604.

Die wedstryd begin om 10:00.

Die spanne is:

Cape Cobras (UIT): Andrew Puttick, Aviwe Mgijima, Dane Paterson, Dane Piedt, Dayyaan Galiem, George Linde, Jason Smith, Kyle Verreynne, Lizaad Williams, Pieter Malan, Qaasim Adams, Richard Levi, Simon Khomari, Stiaan Van Zyl, Tshepo Moreki, Zubayr Hamza, Jean-Paul Duminy, Wayne Parnell, Mthiwekhaya Nabe. Rory Kleinveldt, Ferisco Adams en Carlo Koyana

Warriors:  Gihan Cloete, Matthew Breetzke, Jon Jon Smuts, Colin Ackerman, Yasheen Vallie, Leslie Ngoepe, Andrew Birch, Ayabalule Gqamane, Anrich Nortje, Marco Marais en Clayton Bosch.

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →