Met die droogte wat tans groot dele van die land teister en bloot motreën wat hier en daar val, is die vraag tans op menige blomliefhebbers se lippe – gaan daar vanjaar blomme wees in die blomseisoen?
Ons het gaan kers opsteek by Mike Spies, eienaar van Namakwa Toere – bekende toeragentskap op Vanrhynsdorp – om sy mening te kry oor wat vanjaar te wagte kan wees.
“Namakwaland is ’n streek wat nooit teleurstel in die blommeseisoen nie. Die streek het meer as 3500 verskillende spesies blomme wat elke jaar blom. Die blomme bly nooit weg nie en die reën ook nie. Die reën raak somtyds minder, maar bly nooit weg nie,” vertel Mike. Bo en behalwe die Namakwalandse blomme, spog die omliggende streke soos die Bokkeveld, die suidelike dele van die Weskus en Sederberge ook met hul eie blomtapyte.
“Ons verwag ’n uitstekende blomseisoen, ten spyte van die droogte. Een ding wat mens altyd moet onthou, is dat daar in sommige plekke meer as 40 000 sade per vierkante meter is. En hierdie sade kan die droogte weerstaan. Al het die sade reeds ’n paar jaar terug geskiet, kan hulle vanjaar ontkiem as die omstandighede in hulle guns is. Ons verwag ’n uitstekende blomseisoen.
“2017 was die droogste jaar wat ons as Namakwa Toere nog beleef het. En ten spyte daarvan, het ons op elkeen van ons toere (altesame 9) vir die mense fantastiese blomtonele gewys. Dit is die bewys dat wanneer jy saam met Namakwa Toere kom toer, jy daardie gemoedsrus het dat jy die beste blomme gaan sien wat die streek jou kan bied.
“Ek is deel van die derde generasie Spiese by Namakwa Toere. Ek het grootgeword in die streek, ek ken die geskiedenis van die streek en verstaan die kultuur van die mense. Mense wat saam met ons toer kan verseker wees dat hulle nerens anders of selfs op hul eie blomme gaan sien, soos wat hulle op ons toere sien nie.
Die datums vir Namakwa Toere se blomtoere vanjaar, is as volg:
Vierdag-blomtoere:
● 1 tot 4 Augustus
● 28 tot 31 Augustus
● 7 tot 10 September
● 11 tot 14 September
● 15 tot 18 September
Vyfdag-blomtoere:
● 5 tot 9 Augustus
● 17 tot 21 Augustus
● 2 tot 6 September
Sesdag-blomtoere:
● 10 tot 15 Augustus
● 22 tot 27 Augustus
Vir meer inligting oor Namakwa Toere, skakel 027 219 1377, besoek www.namakwatoere.co.za of stuur gerus ’n e-pos na info@namakwatoere.com om ’n volledige reisprogram te ontvang. Volg Namakwa Toere op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).