Madeliefie Makietie gaan vanjaar sorg vir groot opwinding

Die gewilde Madeliefie Makietie-fees, wat verlede jaar vir die eerste keer op Strandfontein aangebied is, keer vanjaar terug na die Juweeldorpie.

Vanjaar se fees vind plaas op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober en sluit van ons land se top kunstenaars in. Die opwinding onder die kunstenaars is bykans tasbaar.

“Ek is baie opgewonde. Hierdie jaar is dit weer die Madeliefie Makietie en Strandfontein is een van die mooiste dorpies aan die Weskus, so ek hoop regtig ek sien julle almal daar,” sê Leah wat vanjaar weer te sien is by die Juweelfees ná feesgangers verlede jaar nie genoeg van haar kon kry nie.

Altesame tien van ons land se topkunstenaars gaan feesgangers vermaak. Hulle is Leah, Karlien van Jaarsveld, Irene-Louise van Wyk, Jo Black, Snotkop, Willem Botha, Lee Scott, Majozi, Juan Boucher en Dirk van der Westhuizen.

Willem Botha, wat ook verlede jaar die feesgangers aan die dans gehad het, sê op sy beurt: “Hierdie jaar het ek die voorreg om weer daar op te tree so ek sien verskriklik uit daarna.”

Vir meeste van die kunstenaars is dié fees ’n eerste en vir sommige ook ’n eerste besoek aan Strandfontein, soos vir Irene-Louise van Wyk.

Van Wyk het die volgende te sê gehad: “Ek is so opgewonde, ek is vir die heel eerste keer genooi om by die Madeliefie Makietie-fees op te tree. Ek sien so uit daarna om almal te ontmoet en dit gaan net ’n lekker jol wees, so kom kuier asseblief saam.”

Vanjaar se Madeliefie Makietie beloof om ’n hoogtepunt op die feeskalender te wees. Daar gaan soos oudergewoonte ook stalletjies wees om van te kies en te keur asook aktiwiteite om oud en jonk besig te hou.

Die gewilde Karlien van Jaarsveld is baie opgewonde om ook vanjaar die fees te kan bywoon. Sy nooi feesgangers uit om dit saam met haar te kom geniet. “Ek is opgewonde om hierdie jaar vir die eerste keer by die Madeliefie Makietie-fees te wees”.

Tientalle kos- en versnapering-stalletjies sal regoor die dorp opgestel word by vanjaar se Madeliefie Makietie. Daar sal ook verskeie kuierplekke wees waar feesgangers sal kan eet en die streek se wyn kan geniet.

Verskeie verblyf-opsies sal beskikbaar wees vir die duur van die fees op Strandfontein sowel as op buurdorpe Lutzville, Klawer, Vredendal en Vanrhynsdorp. Indien jy belang stel in stalletjies, kampering, woonwastaanplekke of chalets, kan jy gerus vir Cindy Schade kontak by 072 620 5973.

Vanjaar se fees beloof om selfs meer pret vir oud en jonk te verskaf so maak seker jy mis dit nie.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook (facebook.com/MadeliefieMakietieSA), Twitter (twitter.com/madeliefieM) en Instagram (instagram.com/madeliefiemakietie/). Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Met Earlybird-kaartjies kry besoekers die geleentheid om hul kaartjies tot 30 Julie teen ’n groot afslag te koop.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →