Kan jou onderneming sonder sy sleutelmense floreer?

Besigheidseienaars sê dikwels hul personeel is hul grootste bate. Hulle bedoel dit waarskynlik figuurlik, maar het jy al daaraan gedink dat een (of meer) van jou personeel inderdaad ’n inkomstegenererende bate is?

Watter personeel val moontlik onder hierdie beskrywing?

 Topverkoopspersoneel – die ‘reënmakers’

 Kliëntedienspersoneel – kliënte-tevredenheid beïnvloed verkope

 Die hoofpersoon in jou produksieproses sonder wie jou besigheid tot stilstand sal kom.

Jy weet waarskynlik reeds wie hierdie sleutelmense is. Indien nie, maak ’n punt daarvan om uit te pluis wie hulle is. Jy is dalk self een van hulle!

Waarom jy voorsorg moet tref teen die verlies van ’n sleutelpersoon

Indien ’n sleutelpersoon bedank, moet hy of sy gewoonlik minstens ’n maand kennis werk, wat jou kans gee om iemand anders te vind.

Maar wat as jou sleutelpersoon sterf of medies ongeskik raak – wat meestal skielik en sonder waarskuwing gebeur? Die oplossing is om jou sleutelpersone se lewens te verseker. Wanneer so ’n werknemer sterf of ongeskik raak, word die versekerde bedrag aan die onderneming uitbetaal. Hierdie kontantinspuiting dien dan as ’n tydelike oorbrugging vir die maatskappy in die tydperk wat dit duur om ’n nuwe persoon te werf, op te lei en te vestig.

Sodra ’n besigheidseienaar die sleutelpersone geïdentifiseer het wat verseker moet word, is die volgende stap om die versekerde bedrag vir elkeen te bepaal.

Sanlam raai besigheidseienaars sterk aan om ’n gekwalifiseerde, geakkrediteerde finansiële

adviseur te raadpleeg om te verseker dit word op ’n professionele wyse gedoen wat aan al die wetlike vereistes asook dié van die onderskrywende versekeraar voldoen.

Om navraag te doen oor Sanlam se waarde-aanbod vir klein en mediumgroot ondernemings, tree in verbinding met jou finansiële beplanner.

Andries Maree

4-Sure Administrators cc

Wellingtonstraat 26

George

081 270 5802

andries.maree@4sure.co.za

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →