Uitstekende nuus vir blomkykers regoor die land – die wonderlike reën die afgelope tyd en dit wat nog voorspel word, het een belofte – dit gaan ’n fantastiese blommejaar wees, iets wat Namakwaland se blommestreke lanklaas gehad het.
“Die mense in die streek is so opgewonde. Dit voel vir ons of die droogte uiteindelik gebreek is en dat daar weer hoop is. En vir ons by Namakwa Toere is dit soveel meer opwindend. Ons kan nie meer wag vir Augustusmaand nie. ’n Wonderlike blomseisoen wink vir ons!” vertel Mike Spies, eienaar van Namakwa Toere, vooraanstaande toeragentskap in Namakwaland wat veral fokus op blommetoere asook toere na Namibië.
En as ’n bykomende aansporing om nou te bespreek vir een van Namakwa Toere se blommetoere, bied hulle nou ’n opwindende kompetisie aan waar een blommekyker ’n gratis vyfdag-blomtoer kan wen ter waarde van ’n yslike R8900!
Al wat belangstellendes moet doen om in aanmerking te kom vir die prys is om in een paragraaf op jou eie Facebook-blad te sê hoekom jy graag die blomme wil gaan sien. Maak seker jy like Namakwa Toere se Facebook-blad en tag hulle in jou plasing. Die kompetisie sluit op 12 Julie en die wenner sal kort daarna aangekondig word.
Maar hoekom sal jy die blomme saam met Namakwa Toere wil gaan kyk? Hierdie familie-besigheid is al vir 33 jaar in die toerbedryf en ken die omgewing soos die palm van hul hand. Spies weet presies waar om toergangers te neem om te verseker dat elkeen se besoek aan Namakwaland onvergeetlik is.
Die vierdag-Namakwaland Blommetoer se datums is van 1 tot 4 Augustus, 28 tot 31 Augustus, 7 tot 10 September, 11 tot 14 September en 15 tot 18 September en sluit besoeke in na onder meer Darling, Langebaan, die Knersvlakte, Garies, Nieuwoudtville met sy skouspelagtige waterval en gletserspore, die Olifantsriviervallei en Clanwilliam. Die toer maak ’n draai by die Kokerboomwoud en ook in die Pakhuisberge en toergangers is gewoonlik stomgeslaan deur die unieke rotsformasies.
Die vyfdag-Blommetoer vind plaas van 5 tot 9 Augustus, 17 tot 21 Augustus en 2 tot 6 September. Toergroepe reis onder meer na Langebaan, Dwarskersbos, Knersvlakte, Nieuwoudtville, Vredendal, die Weskus en Tulbagh. “Die besoek aan die Knersvlakte is een van die hoogtepunte van die toer en hoewel dit op die oogaf lyk asof geen lewe in die vlaktes kan voorkom nie, betower die versteekte skatte van die Knersvlakte altyd ons toerlede,” vertel Spies.
Van Vrydag, 10 Augustus, tot Woensdag, 15 Augustus en van 22 tot 27 Augustus vind die sesdag-Blommetoer plaas. Toergangers besoek onder meer die Weskus, die Knersvlakte, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Clanwilliam, Wupperthal, Porterville en Tulbagh. “’n Spesiale aspek van hierdie toer is die besoek aan die Knersvlakte met die yslike verskeidenheid dwergvetplantjies,” sê Spies. “Die Biedouw-vallei is ook ’n groot hoogtepunt op hierdie toer.”
Luukse vervoer, verblyf by Namaqua Lodge en heerlike buffet-etes word by die toere ingesluit. Die opgeleide toergidse is hulpvaardig en vriendelik en met Namakwa Toere voel almal soos familie. “Ons kan met trots sê dat ons die leiers is op die gebied van Namakwalandse blommetoere,” verkondig Spies.
Om vir jou en jou familie, vriende of kollegas die avontuur van ’n leeftyd te bespreek, kontak Namakwa Toere op 027 219 1377 of stuur ’n e-pos aan info@namakwatoere.com.
Gaan kyk ook gerus na hul webtuiste vir meer inligting by www.namakwatoere.com en besoek hulle ook op Facebook (@namakwatoere), Instagram (@namakwatoere) en Twitter (@namkwatoeresa).