Klassieke Musiekliefhebbers, bespreek dadelik vir hierdie unieke fees in Heidelberg

“Wat praat jy, mens! Ek het behoorlik regop gesit en my ore gespits toe ek hoor wat Niël Rademan beplan vir September. ʼn Klassieke Musiekfees!

In Heidelberg, die mooie dorpie, in die Wes-Kaap! Ek het dadelik bespreek, sommer vir die hele week, want ek kon baie billike verblyf by die hotel of een van die gastehuise op die dorp kry.” So gesels Zelda, ’n inwoner van Bredasdorp, met ’n passie vir musiek. “Ek is baie opgewonde.”

Sy praat natuurlik van Niël Rademan, voorheen uitvoerende hoof van die Suidoosterfees, wat nou besluit het om sy hartsliefde te volg as uitvoerende kunstenaar.

So, hier is dit. Die Hessequa Harmonie Klassieke Musiekfees wat in Heidelberg gaan plaasvind vanaf 25 September tot 30 September.

Hessequa Nuus, die mediavennoot van die fees, het by Niël gaan aanklop om te hoor hoe die reëlings vir die fees verloop.

“Die afgelope 2 maande was harde werk om te kom waar ons nou is. Daar is uit niet ’n klein kunstefees geskep en die opening is naby. Met die hulp van die gemeenskap, klein en groter sakebesighede is hierdie kultuurdroom wat ek vir Heidelberg het besig om waar te word. Om ’n multi-geleentheid (event) soos hierdie te reël is nie ’n grap nie, hoewel dit my kos is. Na my 4 jaar as feeshoof van die Suidoosterfees kan niks my meer terughou nie. Ek sien uit daarna om die deelnemende kunstenaars te wys watter liefderyke mense en gehore die Hessequa-streek het, maar ek net so opgewonde om met die top-gehalte kunstenaars – wie ek gekies het – te kom spog in Heidelberg. Ek is dankbaar vir die heerlike samewerking met die munisipaliteit, die Heidelberg dorpsbiblioteek, die Heidelberg Hotel, Irma Huysamer, my ouers en dan Theo Kemp (bekende in literêre kringe ondermeer) wie my aangemoedig het om hierdie intieme fees op die been te bring”.

Verskeie bekende en bekroonde musici en woordkunstenaars tree op by die fees en feesgangers kan hulle klaarmaak vir ’n kunstefees soos min. ’n Eerste vir Heidelberg en net daarna begin die beplanning vir volgende jaar se fees.

Plaaslike deelname word goed verteenwoordig met kunstenaars soos Wim Vorster, bekende woordkunstenaar, Melodika, ’n plaaslike musiek ensemble op 25 September en The Young Royal Shepherds se koperblaasorkes o.l.v. Nathan Ruiters (hierdie groep open beide konserte op 26 en 27 September).

Die Gala-openingskonsert op 26 September in die Stadsaal om 20:00, belowe om een van die hoogtepunte van die fees te wees. Jan Hugo en Elna van der Merwe, albei klavier virtuose, voer die (gevreesde) Rachmaninoff Derde klavierkonsert in D Mineur Op. 30 verwerk vir twee klaviere) uit. Meester-violis, Petrus de Beer en Clara Bleton Hugo (Franse sopraan), tree ook die aand as ‘n toegif op.

Die tweede hoogtepunt van die fees, is Vivaldi se Vier Seisoene wat Jan Hugo en Elna van der Merwe, albei klavier virtuose, voer die (gevreesde) Rachmaninoff Derde klavierkonsert in D Mineur Op. 30 verwerk vir twee klaviere) uit. Meester-violis, Petrus de Beer en Clara Bleton Hugo (Franse sopraan), tree ook die aand as ‘n toegif op.

Vir beide hierdie konserte, is daar nog kaartjies beskikbaar, maar musiekliefhebbers wat die konserte wil bywoon, sal moet spring om kaartjies te bespreek, want daar is baie belangstelling in hierdie uitvoerings.

Sewe konserte in vyf dae! Dit wil gedoen wees.

Vir verdere besonderhede oor die musiekfees asook informasie oor die verskeie kunstenaars wat gaan optree, kan lesers gerus blaai na die bylae oor die musiekfees wat vandag deel is  van die koerant.

Ons sien julle daar!

Besprekings: bookings@heidelberginfo.co.za. 028 722 1068 of 071 091 3510. Kaartjies wissel tussen R80 en R150pp per konsert.

Caption: Niël Rademan – Founder and Festival Director

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →