Alle mediese fondse moet dekking verleen aan voorgeskrewe minimum voordele.
Die wet op mediese fondse bepaal dat daar 25 kroniese toestande is wat deel is van hierdie groep voordele. Daar is dan ook ’n verdere 270 lewensbedreigende toestande waarvoor fondse moet uitbetaal as hul lede daarmee gediagnoseer word. Hierdie bepaling verseker dat lede van mediese fondse dekking kry vir ’n aantal minimum gesondheidsdienste, ongeag die grootte of tipe plan wat hulle by die relevante fonds uitgeneem het.
Elke fonds het dan ook sy eie medisyne-pryslys en protokolle waarvolgens sekere medikasies goedgekeur en betaal word. Fondse mag egter nie weier om toestande wat deel vorm van die voorgeskrewe minimum voordele, te registreer nie. Die wet verplig hulle om dekking te bied vir hierdie groep toestande.
Daar het onlangs baie gerugte na vore gekom van verskeie fondse wat glad nie dekking vir sommige van die toestande wat deel is van die voorgeskrewe minimum voordele, verleen nie.
“Min verbruikers is bewus van bepalings soos hierdie en het boonop nie die tyd om noukeurig aandag aan bepalings en voorwaardes van elke fonds te gee wanneer hulle op soek is na die regte opsie nie,” meen Laetitia Martins, MMR Finansiële Dienste se mediese afdelingshoof.
As lede een van die voorgeskrewe minimum voordele toestande het, moet hul mediese fonds die medikasie en sekere doktersafsprake vir die behandeling daarvan volgens die Voorgeskrewe Minimum Voordele goedgekeurde plan dek, mits dit by die fonds geregistreer is.
Dit is uitdagend om al die implikasies van voorgeskrewe minimum voordele mediese toestande te verstaan en verbruikers loop gevolglik die risiko dat hulle uitgebuit word deur hul fonds. Daarom is dit belangrik dat verbruikers dit oorweeg om ’n makelaar aan te stel wat sal verseker dat hulle die dekking kry waarop hulle geregtig is.
MMR bied ’n diens waar hulle hul kliënte se mediese fondse bestuur teen ’n klein maandelikse fooi. Hiermee spaar hul kliënte baie tyd en weet dat hul fondse deur die kenners in die finansiële sektor bestuur word.
MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) in Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043.
Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.