Steve Hofmeyr het die land aan die brand met ’n nuwe duet én goue status album

Steve Hofmeyr se splinternuwe album, The Country Collection, het die afgelope week winkelrakke getref en het rééds goue status vir verkope behaal.

’n Duet saam met Demi Lee Moore, Die Kontrak-wenner, het die land aan die gons. Binne enkele ure nadat Steve die musiekvideo vir dié duet, op sy Facebook-blad, gedeel het, spog dit reeds met bykans halfmiljoen kyke. 

Op dié album, wat tans topverkoper in winkels landwyd is, vind aanhangers Steve weer in ’n baie sentimentele genre, naamlik Country, wat hy oudergewoonte treffend vertolk. Steve het net weer eens bewys – wat hy aanpak is ’n sukses. 

Kort op sy hakke is die dubbelalbum, Afrikaans is Groot Vol. 11, wat gevolg word deur Die Kontrak-wenner, Demi Lee Moore, se album getiteld Mis Eet Slaap Herhaal.

Steve en Demi Lee deel nie net die topverkoper-podium nie, hul duet getiteld Amanda, wat oorspronklik deur Don Willams gesing is, is op The Country Collection ingesluit en is met groot reaksie deur aanhangers op Steve se Facebook-blad ontvang. Dit is reeds bykans 40 000 keer gedeel wat bewys dat dit aanklank vind by ieder en elk.

Demi Lee Moore is tydens die eerste vertoning van die gesogte Afrikaans is Groot-konsertreeks, op Vrydag, 23 November, as die wenner van Die Kontrak aangekondig. 

Demi Lee staan verseker die kollig vol en ontlok ongelooflike reaksie by musiekliefhebbers. Komplimente vir dié Kaapse meisie stroom in en Steve word boonop aanmoedig om meer gereeld saam met haar te sing. Daar is diegene wat vir ’n duetalbum vra en daar is selfs ’n dame wat dink Demi Lee is besonders sterk omdat sy so stip vir Steve in die oë kan kyk sonder om flou te val.

Steve sê dat Demi Lee hierdie duet verdien. Demi Lee dra dié lied op aan haar Pa, Herman Moore, op en vertel op haar Facebook-blad hoe spesiaal dit is om hierdie lied saam met Steve te kan sing.

“So ’n paar weke gelede het Steve my genader om ’n liedjie saam met hom te sing op sy nuwe country-album. Ek onthou hoe ek en my Pa altyd na Steve geluister het toe ek klein was. Hy was mal oor hom, snitte soos Altyd By Jou, Ek Ken Jou Soms en Deur Jou Vingers was maar net ’n paar van ons gunstelinge. Terwyl dit alles gebeur, bel my Oom, Roy Moore, my en vertel my dat dié liedjie, Amanda, een van my Pa se gunsteling liedjies was,” het Demi Lee vertel.

Sien die musiekvideo vir die snit ekskulsief op Steve Hofmeyr se blad, hier: http://bit.ly/Steve_DemiLee. Steve se album, The Country Collection, en Demi Lee se album, Mis Eet Slaap Herhaal, is nou in winkels landwyd.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →