Hannelie Gee Om/Die Kospakkie – Nuusbrief Nr. 1/2019

Ons wil eerstens net baie dankie sê aan almal, wat skenkings gemaak het in 2018 en ons glo en vertrou dat ons op julle ondersteuning weereens kan staatmaak in 2019 ook, want sonder julle hulp en ondersteuning kan hierdie projek nie voortbestaan nie.

Ons wil ʼn iedere en ʼn elk wat dit hierdie jaar moontlik gemaak het vir ons Kinder & Bejaarde-Kersfees-Wenslysie, baie duisende dankie sê. Ons weet sommer dat hierdie jaar se projek ʼn reuse sukses ook gaan wees – ons begin sommer vroeg al hierdie jaar (in April) om die lyste uit te stuur. Ons het foto’s geneem, maar gaan dit nie op Facebook plaas nie, om die kinders se identiteite te beskerm. Ons het ʼn nuwe Facebook page geskep spesiale net vir hierdie doel; Kersfees Verrassings Pakkie. Gaan “like” en gaan “invite” asb. mense na die page toe. Indien jy dalk weet van ʼn behoeftige kind/kinders onder 18 jaar of bejaarde(s) bo 60 jaar laat weet ons asb. sodat ons ook vir die kind/kinders of bejaarde(s) op ons wenslysie kan sit.

Ons benodig BAIE, BAIE BAIE DRINGEND skenkings in die vorm van:

* kos (enige voedsel bv. vars, gevries, geblik, nie-bederfbaar, ens.)

* vleis (bv. maalvleis, hoender, sop-bene, “off-cuts”, wors, ens.)

* toiletware (bv. toiletpapier, sjampoe, sanitêreware, tandepasta, seep, ens.)

* algemene skoonmaak-middels (bv. Swartsakke, skottelgoed-seep, waspoeier, ens.)

* baba benodighede (bv. doeke, formule melk, baba-kos, ens).

Indien jy weet van kruideniersware-winkels in jou omgewing wat dalk wil betrokke raak en vir ons kruideniersware kan skenk; laat weet ons asb. so spoedig as moontlik. Selfs al is dit items/produkte wat bv. die verpakking beskadig is, items/produkte wat naby aan die verval datum is, brood en ander items/produkte wat ʼn dag of 2 oud is en nie meer geskik is vir die rak nie. Groente & vrugte wat gekneus/“verlep” is, ens. Enige items/produkte is welkom.

* Ons het ook finansiële skenkings/donasies nodig om items aan te koop wat nie geskenk word nie.

Vir finansiële skenkings reik ons ʼn SARS 18A sertifikaat uit SLEGS OP VERSOEK VAN DIE SKENKER.

Ons bankbesonderhede is soos volg:

Rekening Naam:            ABRINA 4858

Bank:                            FNB

Rekening Nr.:                62-59-84-53-513

Tak Kode:                    254-005

Verwysing:                   Southern Cape Branch

Ons kry gereeld navrae oor waar hierdie gesinne woon of wie hierdie gesinne is, maar ons kan ongelukkig GEEN INLIGTING uitgee nie, want ons probeer sover moontlik hierdie gesinne se identiteite beskerm vir die kinders se onthalwe. Daarom plaas ons gereeld foto’s van die skenkings (wat ontvang is, sowel as waar dit uitgedeel is) op ons Facebook blad naamlik “Hannelie Gee Om. Hierdie gesinne word deur maatskaplike werkers gemonitor.

Ons PERMANENTE PROJEKTE is soos volg:

  • Kos & Toiletware Pakkie Projek
  • Sopkombuis Projek
  • Skool-Toebroodjie-Projek
  • Skool Sanitêreware Projek
  • Skool Skryfbehoeftes Projek
  • Gebottelde Water Projek
  • Wol Projek – benodig wol of ou wol items of afval wol
  • Munt-Bottel-Projek
  • Paasfees Projek
  • Jeugdag Projek
  • 67 Minute-Kospakkie-Projek
  • Vrouedag-Kospakkie-Projek
  • Kersfees-Wenslysie Projek

Vir meer inligting oor bogenoemde projekte stuur asb. vir my ʼn e-pos na hannelie.skenkings@gmail.com

Ons moet ongelukkig die behoeftige gesinne/persone keur, want daar is nie genoeg skenkings vir al die gesinne/persone nie. Indien jy weet van gesin/persoon wat regtigwaar sukkel in jou omgewing, laat weet ons asb. sodat ons ook na die gesin/persoon kan uitreik om te help.

Indien jy enige navrae of voorstelle het, laat weet gerus. Vertel ook asb. vir julle vriende, familie, kollegas en so meer ook hiervan, want sonder julle hulp kan ons nie ʼn sukses hiervan maak nie. Hou ook gerus ons Facebook blad “Hannelie Gee Om” dop vir enige nuwe projekte. Ons plaas ook gereeld daar die skenkings wat ons ontvang en ook wanneer ons dit gaan uitdeel die persoon se lyf met die skenking. Nogmaals baie duisende dankie!!!

Groete vanuit Albertinia

Hannelie Pretorius

Suid-Kaap Koördineerder: Die Kospakkie & Hannelie Gee Om


PLEASE MARK PARCELS CLEARY FOR HANNELIE GEE OM / DIE KOSPAKKIE PROJECT!!!

Riversdale:

Working on Fire (ask for Rika Muller)

21 Dickson Street (langs TL Botha Eiendomme & SA Travel)

Riversdale

(Tel: 076 514 9604)

Still Bay:

Bellevue Resort

8 Osler Street

Still bay

(Ask for Christa Uys)

(Tel: 028 754 1505/073 074 9242 – Monday – Friday 09h00 – 12h00 & 14h00 – 16h00)

Albertinia:

Hannelie Gee Om

Leniehof no. 5

32 Church Street

Albertinia

6695

WhatsApp & Cell: 073 543 8778

Email: hannelie.skenkings@gmail.com

*** Please contact for address or for more info ***

Gouritz / Gouritsmond:

Carina Marais

44 Steenbras Street

Gourits

(Tel: 071 185 2588)

Hartenbos / Klein Brakrivier:

Nadia Jardim

Hartenbos landgoed 107

Hartenbos

(Tel: 072 212 8645)

*** Skakel en bevestig wanneer skenkings afgelaai kan word ***

Danabaai / Mosselbaai:

Monica & Craig Elliott

Embroidery Haven

77 Bland straat (ingang in Adams straat – oorkant De Jagers – oorkant PostNet parkeerarea)

(Tel: 082 445 0850)

*** Skenkings kan gedurende besigheids ure afgelaai word ***

George-area:

Magda Saayman

Newtonstraat 11B

George-Suid

(Tel: 082 944 8922)

*** Skakel en bevestig wanneer skenkings afgelaai kan word ***

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →