’n Splinternuwe konsep om lewende hawe aanlyn te verhandel, is gister ná maandelange intensiewe beplanning met dawerende sukses geloods toe 1 000 speenkalwers in minder as 20 minute verkoop is op ’n internetveiling.
Kopers landwyd het op Dinsdag, 12 Februarie om 14:00 die geleentheid gehad om speenkalwers te koop op Beeswinkel.co.za – die eerste digitale platform vir aanlyn-veilings in Suid-Afrika – en al die kalwers, wat in agt verskillende lotte aangebied is, is binne ’n japtrap verkoop. Hierdie veiling het geskiedenis gemaak in die manier hoe lewende hawe in ons land verhandel word.
“Die resultate het ons verstom,” het Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, ná die veiling gesê. “Ons is ongelooflik trots om die proses van lewende hawe-aankope vir boere met ons platform te kan vereenvoudig.
“Die sukses van hierdie veiling is van ontskatbare waarde vir die huidige kopers en verkopers lewende hawe. Nie net kan ons sien dat ’n tegnologiese deurbraak vir boere gemaak is nie, maar ook dat die belangstelling daar is en dat die veilingproses nou baie eenvoudiger is.
“Nie een van die voerkraaleienaars wat lewende hawe in die veiling verhandel het, hoef hul kantoor of huis te verlaat het nie. Dis wat Beeswinkel so doeltreffend maak! Met die gebruik van ons platform hoef jy nie na die veiling te ry en jou plaas of diere alleen te los nie.”
“Ons bied dit gratis aan vir almal om te kan gebruik. Dit is nie net veilig om te gebruik nie, maar honderde kopers kan dit op ’n totale deursigtige wyse geniet,” het Van Heerden gesê.
Effektiewe verkope en aankope van lewende hawe was nog nooit so maklik nie. Die reuse deurbraak wat hierdie platform gemaak het, is bewys dat tegnologie ’n uitmuntende toevoeging tot enige boerdery is. Suid-Afrika se lewende hawe-produsente kan nie genoeg kry van Beeswinkel nie en veral die jonger garde wat ’n passie het vir boer, is mal oor die sosiale media nuus en interessante brokkies wat gedeel word
Van Heerden vertel ook: “Ná die bek-en-klouseer-uitbraak het die stoorlam-pryse ontsettend gedaal en met Beeswinkel is daar geen middelman in die koop- en verkoopproses nie. Dit beteken ook dat die boer – indien hy Beeswinkel gebruik vir sy aankope en verkope nie – nie so erg geraak word deur hierdie finansiële krisis.”
Om ’n nuwe toevoeging tot jou voerkraal te maak of om jou lotte te verkoop, was nog nooit so maklik soos met die gebruik van hierdie elektroniese platform nie. Indien jy ook jou lewende hawe in een van die volgende Beeswinkel-veilings wil verkoop, kan jy gerus die webtuiste besoek en inteken met jou besonderhede.
Besoek die webtuiste by www.beeswinkel.co.za as jy jou lotte wil oplaai of aan die volgende veilings wil deelneem. Indien jy enige navrae het, kan jy vir Petrus van Heerden kontak by 083 231 0528. Volg hulle ook op sosiale media en bly op hoogte met die jongste Beeswinkel-nuus.