Brand- en skroeiwonde is seker van die mees algemene ongelukke wat tuis gebeur en gelukkig herstel die meeste ligte brandwonde gewoonlik sonder om letsels te laat. Daar is soveel rate en wenke vir wonde soos hierdie dat gebruikers gemaan word om versigtig te wees wees aangesien sommige selfs meer skade kan aanrig.
Brandsalf – wat dekades gelede ontwikkel is deur die Van Zyl-gesin op Vredendal – is een van die mees doeltreffende middels om brandwonde mee te behandel. Die salf is in 2006 gebruik deur Stokkies van Zyl nadat hy erg verbrand het in ’n myn-ongeluk.
Sy brandwonde het gestrek van sy hand tot by sy elmboog. Stokkies het Brandsalf aan sy brandwonde begin aanwend en ná net 14 dae het sy arm weer mooi herstel. Vandag kan jy amper geen merke sien wat die brande gelaat het nie.
“Ek het eers gedink dit sal nie werk nie en ek wou moed opgee, maar na nét 14 dae kon ek regtig ’n verskil aan my brandwonde sien en ek is nie eendag spyt nie ek het aangehou met Brandsalf nie,” het hy vertel.
Brandsalf het bewys dit werk vir allerlei kwale soos bedsere, sonbrand, skurwe hakke, skraapplekke, ekseem, brandwonde, soos in Stokkies se geval, en vele meer. Die produk is beskikbaar by agente landwyd en kom in vier verskillende groottes voor naamlik 30 ml buisie , 100 ml-, 250 ml- en 500 ml potjies.
Indien jy Brandsalf wil aanskaf, besoek gerus die Brandsalf-webtuiste by www.brandsalf.co.za of gaan kyk op ons Facebookblad @Brandsalf wie die agent in jou area is.