Krone 6-konsertreeks spog met Namaqua Wines wat weer aansluit as borg

Die immergewilde Krone-konsertreeks, wat vanjaar vir die sesde agtereenvolgende keer aangebied word, is trots om Namaqua Wines weer as borg te verwelkom. Gedurende Augustus vanjaar sal duisende konsertgangers in Kaapstad én Pretoria weer saamtrek om saam met van die land se top kunstenaars te sing as dié konsertreeks plaasvind.

Theuns Jordaan

Namaqua Wines is reeds sedert die eerste konsert deel van die Krone-familie.

“Namaqua Wines en Krone is die perfekte pasmaats. Nét soos hierdie saamsing-konsert vriende bymekaar bring vir hope pret, is Namaqua-produkte ook daar om geleenthede te skep vir vriende en familie om saam te kuier en spesiale herinneringe te maak,” het Annelie Venter, bemarkingsbestuurder van Namaqua Wines, gesê.

Brendan Peyper is een van die kunstenaars wat ook al ’n rukkie deel van die Krone-familie is en het vertel dat dit vir hom ’n eer is om die gehoor te vermaak – en hopelik ’n verskil in hul lewens te maak tydens die Krone-konserte.

“Dit is ook natuurlik ’n groot voorreg om saam met al die ongelooflike talentvolle kunstenaars op een verhoog te wees,” het Peyper vertel.

Saam met Peyper kan konsertgangers ook uitsien na Theuns Jordaan, Lianie May en Dirk van der Westhuizen wat vir die eerste keer by die Krone-familie aansluit. Saam met hulle is die immergewilde Kurt Darren, Juanita du Plessis, Brendan Peyper, Snotkop, Refentse, Ricus Nel, Elizma Theron, Nicholis Louw, Manie Jackson én Robbie Wessels in aksie om gehore met plaaslike én internasionale ranglys-treffers te bekoor.

Krone 6 vind vanjaar eerste in Kaapstad plaas op Saterdag, 3 Augustus om 19:00 en Sondag, 4 Augustus om 14:00 by die Grand Arena, by GrandWest. Pretoria se konserte is op 16 Augustus om 19:00, 17 Augustus om 18:00 en 18 Augustus om 14:00 by die Sun Arena, Time Square.

Kaartjies is beskikbaar by iTickets en kaartjiepryse wissel van R195 vir ’n staankaartjie teen die verhoog, tot R470 vir bespreekte sitplekkaartjies. Hier volg die skakel vir besprekings: http://bit.ly/Krone6Kaartjies.

Hou gerus Krone se sosiale media dop vir al die inligting en gebeure. Facebook: @KroneFans, Twitter: @KroneFans en Instagram: @kronefans.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →