Bonsmara-veiling later gehou vanweë groot belangstelling

Om te voldoen aan die versoek van tientalle Bonsmara-boere wat ook wil deelneem aan die nasionale Bonsmara-veiling, word die eerste Nasionale Bonsmaradag op die internet-veilingsplatform www.beeswinkel.co.za uitgestel tot 30 Mei.

Die invloed van die droogte het in baie streke tot gevolg gehad dat koeie later as gewoonlik gekalf het en dat baie boere se kalwers nog nie gereed is om te bemark nie.

“Deur die veiling uit te stel tot 30 Mei maak dit ekonomies soveel meer sin vir die boere en die bedryf in die algemeen,” het Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel gesê.

Louis Steyl van Bonsmara SA het gesê dat daar met die Nasionale Bonsmaradag-veiling ’n geleentheid geskep word waar veral kommersiële boere wat belê het in Bonsmara-bulle, ’n uitstekende bemarkingsgeleentheid gebied word om met hul kalwers te spog en hulle terselfdertyd aan die hele land se kopers gelyk aan te bied.

Kommersiële boere wat graag wil deelneem aan die nasionale veiling word genooi om Bonsmara SA se stalletjie op 14 tot 17 Mei by Nampo te besoek vir meer inligting.

“Bonsmara-telers kan nou reeds op die Beeswinkel-platform registreer om hul aanbod betyds te kan laai,” het van Heerden gesê.

Beeswinkel hou jou op hoogte met alle nuutste gebeure en inligting. Besoek gerus www.beeswinkel.co.za en hul sosiale media, Facebook (@beeswinkel), Twitter (@beeswinkel1), en Instagram (@beeswinkel). Kontak Petrus van Heerden by 083 231 0528, Dennis Staal by  082 828 1082 of Melanie Duminy Boshoff by 071 491 9000.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →