Gids tot ’n gesonde en gelukkige hart

Jou hart is ’n spier wat al hoe sterker en gesonder word as jy ’n aktiewe lewe lei. Dit is nooit te laat om te begin oefen of om ’n gesonde en gebalanseerde dieet te handhaaf nie.

Die meeste mense dink hulle hoef nie bekommerd oor hul hart te wees totdat hulle ’n gesondheidskrik kry nie – maar die waarheid is dat slim keuses rondom jou hart se gesondheid konsekwent moet wees.

“Mense wat nie oefen nie, is amper twee keer meer geneig om hartsiektes te kry as mense wat aktief is. Aangesien jou hart ’n spier is, is dit noodsaaklik om ’n aktiewe lewe te lei om hierdie spier te versterk en dit gesond te hou,” verduidelik Fransoa Ebersohn, handelsmerk- en kommunikasie-spesialis by Zone Fitness-klubs.

Om jou hart gesond te hou, is makliker as wat jy dink. Probeer hierdie wenke en leef ’n gesonde lewe met ’n gelukkige hart.

Eet gesonde kosse vir jou hart

Om die regte kos vir jou hart te eet en ’n gebalanseerde dieet te hê sal jou help om ’n gesonde gewig te handhaaf, liggaamsvet te verminder, jou liggaam energie te gee, goeie slaap te bevorder en jou beter laat voel. Probeer ’n dieet wat die volgende bevat:

  • Vrugte en groente
  • ’n Verskeidenheid graanprodukte
  • Vis
  • Vetvrye en laevet-suiwelprodukte
  • Skakel van botter oor na ’n cholesterol-verlagende sagte smeer

Maak gebruik van elektroniese kardiovaskulêre toerusting

Kardio-oefening is enige oefening wat jou hartklop versnel. Dit het verskeie gesondheidsvoordele soos om kalorieë te verbrand, dit help jou ook om liggaamsvet te verloor en versterk jou hart en longe. Hierdie soort toerusting sluit in:

  • Trapmeul (treadmills)
  • Trapmasjiene (step machines)
  • Cross trainers
  • Fietse
  • Roeimasjiene

Mediteer gereeld

Om gereeld te mediteer kan jou hart se gesondheid bevorder en die risiko van kardiovaskulêre siektes verminder. Studies het bewys dat dit kan help om jou bloeddruk te verlaag en dit verbeter ook die bloedvloei na die hart.

“Die beste tyd om te mediteer is vroeg in die oggend voordat jy gereed maak vir werk. Jy sal dalk wil oorweeg om jou alarm ’n paar minute vroeër te stel om van die stil tyd gebruik te maak wanneer jy soggens wakker word. Dit kan jou help om ’n konsekwente roetine te ontwikkel en jou toe te laat om die dag positief te begin,” het Ebersohn bygevoeg.

Lag ’n bietjie om jou dag te begin

Om te lag is die beste medisyne vir jou en jou hart en jy moet dit meer gereeld doen. Om te lag is ook ’n goeie manier om van spanning ontslae te raak, dit kan help om bloedvatgesondheid te verbeter en bloedvloei te verhoog. Dit beskerm jou hart teen die risiko van ’n hartaanval en kan bydra tot die bekamping van ander kardiovaskulêre probleme.

Gaan vir jou jaarlikse gesondheidsondersoek

As jy wil uitvind of jy ’n risikogeval vir enige kardiovaskulêre siekte is, besoek jou dokter vir ’n ondersoek. Jy sal nie altyd daarvan bewus wees dat jy ’n kandidaat vir hartsiektes is nie en dikwels is daar geen duidelike simptome nie. Dit is baie belangrik dat jy na jou dokter gaan om die risiko’s van hartsiektes te beheer sodat jy verseker kan wees dat jou hart gesond is.

Vir meer inligting oor Zone Fitness, besoek http://zonefitness.co.za/, of kontak hulle by @ZoneFitnessSA (Facebook), @zonefitness_SA (Twitter) en zonefitness_sa (Instagram).

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →