Ek is Oppad is Tanja Storm se splinternuwe, langverwagte album vrystelling. En hierdie keer sing sy in Afrikaans…
Nes die Kaapse Dokter, storm Tanja die musiekbedryf binne op ‘n jong ouderdom en is hier om te bly. Getoë in Melkbosstrand en toe alreeds ‘n meester van die klawerbord op ouderdom 7, het Tanja geweet musiek spoel soos die branders deur haar – onkeerbaar. Op ouderdom 14 sluit sy aan by ‘n orkes nadat hulle intussen na Mosselbaai verhuis het. Nog see, nog water. Dit moet iets in die soutwater wees wat hierdie meisie onblusbare talent en passie gegee het, want sy bespeel elke tweede instrument en haar enkelsnitte boer deesdae op plaaslike radiostasies.
Sy neem haar debuut album in 2009 op en die optredes stroom landwyd in, maar nou is sy oppad met ‘n splinternuwe album getiteld, “Ek is oppad”.
Haar album is styf gepak met ‘n spektrum van musiekstyle. Soms opgewek, soms diep, soms verlang jy en ander kere wil jy om die tafel dans soos met haar kwêla wat jou sommer trots Afrikaans laat voel. Dan draai die storm om en kalmeer jou met die mooiste ballades en lirieke wat nie soetsappig is nie, maar water dra en jy mee kan vereenselwig.
Tanja pas haar stem aan by elke musiekstyl wat nie net die beste uit haar bring nie, maar ook uit die lied. Luister jy na haar nuwe album, slaan die passie in haar stem jou om soos ‘n Mosselbaai-brander.
Gaskunstenaars vir die aand is – ook eie aan die Tuinroete – Bea Crawford en Albert Meintjes. Beide gevestigde sangers en liedjieskrywers, dra hul met hul eie unieke style by tot die aand se vermaak. Bea is ‘n talentvolle musikale teateraktrise en bekroonde skrywer, en het verskeie van haar gedigte in Suid-Afrika gepubliseer.
Albert se sterkste bron van liriese inspirasie word getrek uit die gebeure van die daaglikse lewe en die emosies wat hulle op ons aanspreek. Sy verhale van liefde, avontuur en die al te dikwels onsigbare natuurskoon wat ons omring, beloof om sy gehoor op ‘n inspirerende en boeiende reis te neem.
Mede-musikante saam met Tanja op die verhoog die aand is Charlie Winter (kitaar), Shaun Brown (dromme), Wouter Reyneke (baskitaar) en Mot (ktiaar). Kom kuier saam met Tanja Storm (en live band!) by die George Arts Theatre op Saterdag 24 Augustus (19:00).
Kaartjies is beskikbaar by COMPUTICKET of skakel 044 874 3142 vir navrae.
Ek is Oppad – CD Beskikbaar
Daar is 10 oorspronklike snitte op die nuwe album. CD’s sal beskikbaar wees by die vertoning op 24 Augustus. Haastig? Bestel gerus aanlyn!
Women Who Rock
Join us for the best of female Rock music at Brian’s Grill on 25 Aug 2019