Die Keldery op Vredendal is die perfekte venue vir troues en funksies in die Namakwa Weskus. Vier jou droomtroue op hierdie bekoorlike plattelandse dorp by Die Keldery en geniet heerlike kos, ’n asemrowende uitsig van die Maskamberge en uitstekende Namaqua-wyne.
Dié pragtige restaurant kan tot en met 120 gaste akkommodeer. Daar is ook ’n tent te huur wat ruimte het vir nog 180 mense. Hulle bied ook ’n groot dansbaan en kontantkroeg aan en die spyskaart kan aangepas word volgens jou persoonlike smaak. Leef jou buitelugtroue-droom uit en kuier saam met jou gaste onder die sterre. Daar is gazebo’s, tafels met sambrele en vele meer geriewe beskikbaar indien dit vir jou ideaal klink.
’n Wenner-venue is nie al wat Die Keldery bied nie. Tot en met November is daar verskeie geleenthede en aktiwiteite met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat mense van oral oor gaan lok.
Franja du Plessis en Ruan Josh kuier op Donderdag 26 September by Die Keldery. Dié twee jong sterre het verseker hul ma, Juanita du Plessis, se talente geërf en hul optrede by Die Keldery beloof om ’n onvergeetlike aand te wees. Geniet Die Keldery se smaaklike kos, gesellige atmosfeer en ’n heerlike glas Namaqua-wyn terwyl jy die treffers van Franja en Ruan geniet.
Op Saterdag, 5 Oktober, sal Elandré gaste met sy pragtige rasperstem en sprankelende persoonlikheid vermaak. Die talentvolle sanger se optrede by Die Keldery is ’n aand waarop jy nie wil uitmis nie.
Rudi Claase en Angel de Lange bied op Donderdag 14 November Country Koors by Die Keldery aan. Twee van die grootste en mees talentvolle stemme in Suid-Afrika bied jou ’n country-vertoning waar jy jou ou cowboy-stewels sal kan uitruk en heel aand lank dans. Laat Rudi en Angel jou hartsnare roer en jou siel verkwik. Woon Country Koors by vir slegs R160. Dit sluit ’n ete in.
Kaartjies vir die kunstenaars se optredes is beskikbaar by Adri. Kontak haar by +27 (0) 27 213 3699 om ’n bespreking te maak.
Besoek Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram (diekeldery) of op Twitter (DieKeldery). Besoek ook Die Keldery se webtuiste bydiekeldery.com/.