Sustainable economic growth under scrutiny at AHI Western Cape Congress

Catalysts to stimulate the economy in the Western Cape will be the main focus of the AHI Western Cape’s annual congress early September in Velddrif.

More than 5 000 businesses in nearly 50 regional business chambers are members of the AHI Western Cape (the Afrikaanse Handelsinstituut) who go above and beyond to ensure sustainable economic growth with their annual congress.

Dr Willie Cilliers, AHI Western Cape CEO, said the congress speakers are industry experts who will share their valuable experience with the audience.

Hosted by the Velddrif Business Chamber, the gala evening takes place on Thursday, 5 September and the congress on Friday, 6 September at the Riviera Hotel in Velddrif. The theme is “Weskus is Lekker”.

Christo van der Rheede, Deputy Executive Director of Agri SA, is the guest speaker at the gala event during which the Business Chamber of the Year, Emerging Business Chamber of the Year, Small Business Entrepreneur of the Year and Small Business Beginner Entrepreneur of the Year will be announced. Nominations are still open and can be made through the following link: https://ahievent.co.za/.

Professor Frederick Fourie, professor of economics at the University of the Free State, opens the congress on Friday with the spotlight on new economic realities.

Cornie Swart, president of Agri Western Cape, will concentrate on agriculture as an economic catalyst and Monika de Jager, manager of the Namaqua West Coast Tourism, will lead the discussion on tourism as an economic catalyst.

André Diederichs, founder and CEO of FABASA (Family Business Association of South Africa) will talk about family businesses.

Those who still need to book, can do so by visiting the website at www.ahievent.co.za, or using the following link: https://ahievent.co.za/#tickets.

Andre Diederichs


Volhoubare ekonomiese groei onder loep by AHI Wes-Kaap kongres

Katalisators om die ekonomie in die Wes-Kaap te stimuleer is vanjaar onder die vergrootglas by die AHI Wes-Kaap se jaarkongres wat vroeg in September op Velddrif plaasvind.

Meer as 5 000 ondernemings in bykans 50 streeksakekamers is lede van die AHI Wes-Kaap (die Afrikaanse Handelsinstituut) wat by die jaarkongres besin oor manier om volhoubare ekonomiese groei te verseker.

Dr. Willie Cilliers, uitvoerende hoof van die AHI Wes-Kaap het gesê die geleentheidsprekers by die kongres is kenners wat al jare in die bedryf is en wat waardevolle ervaring met die kongresgangers sal deel.

Die tema is vanjaar “Weskus is Lekker” en met die Velddrifsakekamer as gasheer vind die gala-aand op Donderdag, 5 en die kongres op Vrydag, 6 September by die Riviera Hotel op Velddrif plaas.

Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerende direkteur van Agri SA, is die gasspreker op die gala-aand waartydens die sakekamer van die jaar, opkomende sakekamer van die jaar, kleinsake-entrepreneur van die jaar en kleinsake-beginner-entrepreneur van die jaar aangewys sal word. Nominasies is nog oop en kan by die volgende skakel ingestuur word: https://ahievent.co.za/.

Prof. Frederick Fourie, professor in ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, open Vrydag die kongres en gaan veral fokus op die nuwe ekonomiese realiteite.

Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, gaan die kongresbespreking lei oor landbou as ekonomiese katalisator en Monika de Jager, bestuurder van Namaqua Weskus Toerisme, sal die bespreking oor toerisme as ekonomiese katalisator lei.

André Diederichs, stigter en hoof van FABASA (Family Business Association of South Africa) sal oor familiebesighede gesels. Dié gassprekers is al jare in die bedryf en sal waardevolle ervaring met die gemeenskap deel.

Diegene wat nog hul plekke moet bespreek, kan gerus die webtuiste, www.ahievent.co.za besoek of dié volgende skakel gebruik: https://ahievent.co.za/#tickets.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →