Raadslid gee geld uit sak vir jong rugbyspeler se toer na Ierland

‘n Belowende jong rugbyspeler van Hoërskool George en graad 10  leerder het gister R5 000 van Rdl. Regina Windwaai, Wyksraadslid van Wyk 20, ontvang om ‘n rugbytoer na Ierland mee te maak.

Markwine Swartz (16)van Borchards, is een van 20 spelers van regoor die land wat deur Southern Cape Sports Tours gekies is om in Dublin, Ierland van 21 tot 30 September te toer. Die span is uit 2600 van regoor die land gekies. Rdl. Windwaai het die geld vir Markwine uit haar eie sak bewillig. Hoërskool George en Markwine se familie en vriende samel ook geld om sy toer moontlik te maak, maar Markwine hy het steeds geld uitstaande. Hier staan Markwine se pa, Ferran Burts, Rdh. Melvin Naik, Uitvoerende Burgemeester van George, Markwine en Rdl. Windwaai. Rdh Naik het gesê hy is trots op Markwine met die prestasie en wens hom die beste toe vir sy toekoms. Hy het ook Rdl. Windwaai ‘n pluimpie gegee wat onbaatsugtiglik die jong man geborg het.

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →