Margaret’s Daughter stel hul nuutste snit “Worsteling” vry

Margaret’s Daughter stel bekend hulle nuuste snit “Worsteling”, beskikbaar nou op alle digitale platforms.

http://smarturl.it/MDworsteling

Ami is ‘n liedjieskrywer en sangeres en saam met multi-instrumentalis en produksie-leier, Etienne Ghyoot, staan hulle bekend as Margaret’s Daughter.

Hierdie kitaar duo is geen nuweling tot die musiekbedryf nie. Hul maak al vir etlike jare lank saam musiek en pronk met verskeie albums en liedjies op die speellyste van Suid-Afrikaanse radio stasies.

Margaret’s Daughter is hoofsaaklik as ‘n Engelse groep bekend, maar het ook al musiek in hul moedertaal vrygestel. Hul “show” is geslyp en verfyn deur honderde optredes regoor Suid-Afrika asook internasionale optredes in Spanje, Engeland, Mexiko en Mosambiek.

Die gekoordineerde kitaarspel en indrukwekkende harmonieë wat oor die jare sinoniem geword het met Margaret’s Daughter, is ook duidelik herkenbaar in hul Afrikaanse musiek.

Hul Afrikaanse snitte is oorwegend luister-liedjies, en vind aanklank by ‘n “Adult Contemporary” mark. Die lirieke is sinvol en handel dikwels oor die dieper dinge in die lewe, sonder om swaar te wees. Dus, ligte musiek met ‘n klein bietjie meer om die lyf.

Die duo se nuutste enkelsnit ‘Worsteling’ is geen uitsondering nie. Soos gewoonlik, het die groep self al die opnames en verwerkings behartig, en al die instrumente bespeel.

Die liedjie handel oor ‘n tweestryd; een wat ons almal so goed ken: volg jy jou hart of jou verstand? Die groep se passievolle vertolking van die sensitiewe onderwerp maak dat die lied jou met eerste oogopslag aangryp. Dit het ’n universele boodskap, wat die luisteraar kan troos en/of aanmoedig – afhangende natuurlik van die posisie waarin hul hulself bevind.

So sit terug, en word meegesleur deur ‘Worsteling’ – http://smarturl.it/MDworsteling

Facebook: @mdbandrocks

Instagram: @mdbandrocks

Website: www.margaretsdaughter.com

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →