Jauni M vind ‘n veilige plek in die storm in treffende nuwe enkelsnit

Wat gebeur wanneer ’n paar talentvolle en baie kreatiewe mense besluit om saam te werk aan ’n projek? ’n Indrukwekkende eindresultaat, soos Jauni M se splinternuwe enkelsnit, word gebore.

STORM is ’n pragtige kontemporêre liefdeslied, uit die pen van die bekroonde ontslape liedjieskrywer Johan Oberholzer, wat gaan oor daardie veilige plek in die middel van ’n storm.

“Ek was uit die staanspoor mal oor hierdie lied. Dis ’n mooi opsomming oor om iemand te hê wat jou veilig laat voel terwyl alles om jou deurmekaar waai,” vertel die sangeres oor die betekenis agter hierdie besonderse snit. “Ek dink baie mense het al iemand gehad wat vir hulle soos ’n anker was in ’n storm, so almal kan aanklank vind by die tema. Johan het so ’n mooi manier om met lirieke te toor en ek is dankbaar dat ek een van sy liedjies kon opneem. Dis vir my ’n groot voorreg.”  

Buiten vir Murray Lubbe, wat homself skitterend van sy taak gekwyt het as vervaardiger, was Jauni ook bevoorreg om saam met die bekroonde fotograaf, Mireia Vilaplana van Barcelona, te werk aan die foto’s vir haar enkelsnitomslag.

“Van die skrywer, tot die fotograaf, was ek geseënd om met van die beste mense in die bedryf te werk,” voeg sy trots by.

STORM is haar derde enkelsnit en volg op haar vorige suksesvolle treffers, Liefde soos dagbreek en Niemand Anders, wat baie goed ontvang is en steeds oor die radio gehoor kan word.

Jauni M woon tans in Dubai saam met haar gesin. Haar liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en sy was van kleins af mal daaroor om haar huismense te vermaak met liedjies. Sy is ’n avontuurlustige mens, met ’n waaghalsige streek en voorliefde vir aktiwiteite wat haar hart vinniger laat klop. Die brunet is al vir amper twintig jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om saam met groot name te werk, soos Ruhan du Toit, Deon Meiring en vele meer.

Wanneer sy nie besig is om pragtige musiek te skep en tyd saam met haar familie deur te bring nie, werk sy ook as naeltegnikus – iets waaroor sy baie passievol is.

Hierdie veelsydige en talentvolle kunstenaar se grootste hoop, is dat luisteraars hulleself sal vind in die stories van haar musiek en STORM is een van daardie liedjie waarmee oud en jonk kan vereenselwig. Die kombinasie van treffende lirieke, ’n strelende stem en meusleurende wysie is die perfekte bestanddele vir ’n treffer wat nog vir jare hierna die rondte gaan doen.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: https://music.apple.com/za/album/storm/1817527670?i=1817527671

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Jauni.M?ref=embed_page

Webwerf: https://jaunim.co.za/

Instagram: @jaunim

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCOrYlt__PkOdkk8RVjSeoCA 


ARTICLE SPONSORED BY

Rock Solid Music: Online Instrument and Equipment Store

Turning dreams into reality!

Musical Instruments & Equipment

WEBSITE

Share Button

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →