Die Suid-Kaap Kinderkoor, o.l.v. Jan-Erik Swart, het in April 2016 aan die 64ste Muziekfestival voor de Jeugd, in Neerpelt, België deelgeneem en 1ste Plek cum laude behaal. Die George munisipaliteit het hulle vereer tydens hulle tuiskoms konsert op 29 Mei 2016.