Sake-ontbyt saam met Rassie Erasmus

Rassie Erasmus
Rassie Erasmus

SWD Rugby, in samewerking met GAP Management en Van Rensburg Auctions bied aan:  Sake-ontbyt saam met Rassie Erasmus. 

Die George sakegemeenskap gaan binnekort die geleentheid kry om ‘n ontbyt saam met internasionaal bekende afrigter en Hoof van SA Rugby se Hoë Prestasie Eenheid, Rassie Erasmus, te geniet.  Hierdie geleentheid word moontlik gemaak deur SWD Rugby in samewerking met GAP Management en Van Rensburgs Auctions. 

Erasmus se professionele rugbyloopbaan, wat afgeskop het toe hy vir die Cheetahs in die Curriebeker gespeel het, sluit ondermeer wedstryde in vir die Cats, (Super Rugby),  die Cheetahs en die Leeus (Curriebeker), asook 36 toetse, na hy in 1997 by die Springbokspan aangesluit het as flank. 

Hierdie flambojante afrigter, is in George saam met Louis Koen, Pieter de Villiers (wat 68 wedstryde vir Frankryk gespeel het) en verdedigingsafrigter van die Stormers, Jacques Nienaber, om afrigting te gee by die nuwe SWD Rugby Akademie te NMMU Saasveld.  Die SARU-SWD Eagles Rugby Akademie is amptelik op 13 Februarie vanjaar geopen met die doel om gehalte spelers te bou wat in die toekoms vir die Springbokke kan uitdraf.

Kaartjies vir hierdie unieke geleentheid beloop R100 per persoon en daar is slegs 150 beskikbaar.  Die kaartjie sluit in ontbyt, ‘n vraesessie, ‘n veiling, asook die kans om groot pryse te wen.  Elke kaartjiehouer ontvang ook 2 gratis kaartjies vir die wedstryd tussen die SWD Arende en die Pampas wat op die 15de Maart plaasvind te Outeniqua Park Rugby Stadion.  Kaartjies vir die ontbyt is beskikbaar by 044 873 0137 (Cynthea – SWD Rugby) 

Plek:  Kwagga Cuisine (Outeniqua Hoërskool)
Datum:  Woensdag, 13 Maart 2013
Tyd: 06:00 vir 06:30

Share Button
,

About southcapenet

Adding value to my domain hosting and online advertising services.
View all posts by southcapenet →